AGTERGROND In 1909 het die digter en uitgewer Fillippo Tommaso Marinetti die Eerste Futuristiese Manifesto geskryf en dit in die koerant, Le Figaro in Frankryk laat publiseer. Marinetti het gevoel dat die swaar las van Italië se verlede te inhiberend was en dat Italië uit voeling was met die moderne lewe. Sy doelwit met die manifes was om Italië bewus te maak van die moderne lewe en om ’n plan vir kulturele ontwikkeling te skep. Die naam Futurisme is gekies om positiewe gevoelens oor moderne tegnologie uit te druk. Futurisme was die eerste moderne beweging wat die IDEE agter die STyL as belangrik beskou het.
In die Eerste Futuristiese Manifesto het Marinetti uitlatings gemaak, soos: • “Ons sal oorlog verheerlik – die enigste ware higiëne in die wêreld!”
• “Wanneer jy ’n mal mens genoem word, dra die titel met trots en waardigheid!”
• “Ons sal sing, ons die groot massas wat opgewerk is deur werk, plesier.”
• “Die glorie van die wêreld is verryk deur ’n nuwe soort skoonheid, die skoonheid van spoed. ’n Resieskar versier met groot pype soos slange met ontploffende asem … is mooier as die Nike van Samothrace.”
NIKE OF SAMOTHRACE, GRIEKSE HELLENISME
’N RESIESMOTOR UIT DAARDIE PERIODE VISUELE KUNSTE GRAAD 11