Alexander Calder (22 Julie 1898 – 11 November 1976) Hierdie Amerikaanse ingenieur-opgeleide kuns- tenaar was die pionier van kinetiese kuns en is beroemd vir sy uitvinding van mobiele beeldhouwerke wat aangedryf is deur lugstrome. Hy het ook gemotoriseerde mobiele, yslike publieke standbeelde en ’n verskeidenheid kunswerke in ander media geskep. Hy is beïnvloed deur kunstenaars soos Mondrian, Arp en MirÓ toe hy liniêre beeldhouwerke geskep het wat die effek van gewigloosheid gehad het.
Arc of Petals: Hierdie
abstrakte konstruksie van
ALEXANDER CALDER. ARC OF PETALS. 1941. GEVER- FDE EN ONGEVERFDE PLAATALUMINIUM, STAAL- DRAAD EN KOPERKLINKNAELS
ALEXANDER CALDER. THE BRASS FAMILY. 1929. BRONSDRAAD EN GEVERFDE HOUT
ALEXANDER CALDER. CRINKLY AVEC DISC ROUGE.1973.
PUBLIEKE BEELDHOUWERK IN STUTTGART
WOORDELYS SINKOPAAT is om beklemtoonde
biomorfiese vorms herroep organiese vorms soos gesien in Surrealistiese skilderye. Calder se mobiele konstruksies het oor die algemeen bestaan uit plat stukke metaal wat aanmekaar geheg is deur draad-are en -stamme. Die feit dat hy sy media heeltemal met die hand gevorm, gebuig en gedraai het, het natuurlike vorms voorgestel. Hierdie mobiel is ’n anti-swaartekragkaskade waarin die groter blomblare aan die bokant geleidelik kleiner word hoe nader dit aan die onderkant van die konstruksie is. Calder het gespeel met die verhoudings tussen vorm, grootte, kleur, gewig, ruimte, balans en beweging. Hy het ’n versigtige balans geskep tussen die verskillende komponente wat tot ’n werk gelei het – wat aan die industriële materiale ’n gevoel van spasie en delikaatheid gegee het. Die onvoorspelbare invloed van natuurlike lugstrome dra by tot die beweging van hierdie kinetiese beeldhouwerk omdat dit beweging in dele van die komposisie veroorsaak. Dit verander die verhouding tussen dele van die beeldhouwerk vir daardie oomblik. Die werk ontlok die gevoel van vallende blare in die herfs. Calder se belangstelling in beweging en die veranderende fisieke verhoudings tussen voorwerpe is ondersteun deur sy ingenieursagtergrond en fassinasie met astronomie.
en
onbeklemtoonde lyne, patrone of kleure in ’n komposisie in te deel.
VIRTUEEL is wanneer iets nie fisiek bestaan nie, maar dit word gemaak om te lyk of dit bestaan deur die effek van iets anders – in hierdie geval die gebruik van lyn en kleur.
ALEXANDER CALDER. RED. 1956. GEVERFDE PLAATMETAAL EN DRAAD