Sommige mense glo dat die “korrekte” omgewing / argitektuur tot “korrekte” gedrag sal lei. • Hierdie strokiesprent lewer kommentaar oor Modernisme in argitektuur. Wat probeer dit sê?
• Dink jy dat modernistiese argitektuur
tot ’n beter
omgewing gelei het of nie? Verskaf redes vir jou opinie.
• Dink aan maniere waarop jou skool se argitektuur verbeter kan word om beter gedrag onder leerders te veroorsaak.
LOUIS HELLMAN, ARCHITECTURE FOR BERGINNERS
4 Laat Modernisme BEGIN IN DIE 1960’S
Tydens die Tweede Wêreldoorlog in Europa het baie stede wydverspreide verwoesting ervaar. Die kern van stede Dresden in Duitsland en Coventry in Engeland het baie min strukturele, heel geboue oorgehad die oorlog sy einde genader het. Londen het massiewe herbouings nodig gehad. Na die oorlog was nuwe regerings in Europa en die Verenigde State dikwels sosialisties in hulle politieke uitgangspunte. Daarom het hulle hul mense uitgebreide herbouingsprogramme beloof wat behuising aan almal gebied het. Die probleem was om behuising vir groot hoeveelhede mense te verskaf met die beperkte fondse wat beskikbaar was. Regerings en argitekte was ook op soek na ’n manier om geboue volgens ’n nuwe styl op te rig. Modernisme met sy totale nuwe voorkoms, asook die gemak van konstruksie en die vergelykende besparings, is beskou as die prefekte argitekturele styl vir rekonstruksie na die oorlog. Hoë geboue in stede is beskou as die perfekte oplossing om
groot hoeveelhede mense in ’n klein area te huisves en om steeds spasie te hê vir groen areas en ontspanning.
Laat Modernisme kan beskou word as die aaneenlopendheid van Modernisme, wat met die Internasionale Styl begin het en karaktertrekke in gemeen het, soos die: • Aanvaarding van tegnologie • Funksionalisme • ’n Formalistiese benadering • Gebruik van kontemporêre materiale • Gebrek aan versiering • Anti-humanisme
Tipies van Laat Modernisme is dat dit strak, sober, minimalisties en formalisties is. Die klem is meer op die outonomie van die gebou en is toegewy aan die tradisie van die nuwe. Laat Modernisme het baie stilistiese eienskappe en waardes van Modernisme tot die uiterste geneem.