Gedurende die tyd van die bewegings in hierdie hoofstuk was groot, breërandhoede vir vroue in die mode, afgerond met massas vere en af en toe heel opgestopte voëls (vir diegene wat dit kon bekostig,) of versier met linte en nagemaakte blomme. Hierdie mode is in kunstenaars se portrette uit daardie tyd weerspieël.
Toets jou kennis van die volgende style: Fauvisme, Duitse Ekspressionisme, Kubisme en Futurisme deur die regte style vir die werke hieronder te identifiseer. Gee ten minste drie goeie redes om jou keuse van styl te motiveer deur te verwys na eienskappe van die spesifieke styl wat in die werk gesien kan word.
FIG. A
FIG. B
FIG. C
FIG. D
5 Met verwysing na MAGGIE LAUBSER
Maggie Laubser is in 1886 op ’n koringplaas in Malmesbury in die Wes-Kaap gebore. Haar besluit om ’n kunstenaar te word, was ’n radikale een omdat sy grootgeword het in ’n konserwatiewe boerderygemeenskap. Laubser, saam met kunstenaars soos Irma Stern en Bertha Everard, het ’n nuwe energie verleen aan die skilder van Suid-Afrikaanse landskappe. Hulle het die invloed van Duitse Ekspressioniste en die Fauviste vertaal in persoonlike style wat wegbeweeg het van die namaak van die visuele werklikheid rondom hulle. Laubser se ervaring toe sy kuns in Europa bestudeer het, tesame met haar intense spirituele oortuigings, het haar benadering tot kuns gevorm. Haar skilderstyl het ontwikkel uit plein-air naturalisme tot ’n styl waarin sy vorms vereenvoudig en gestileer het en nie-beskrywende kleure gebruik het nie. Hierdie proses van bevryding van die visuele bron het beteken dat sy skilderye geskep het vanaf sketse of volgens geheue. Haar benadering tot skilder was daarom ’n manier om haar kreatiewe vryheid as ’n kunstenaar uit te druk.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
Suid-Afrikaanse kuns
“Soms het my vriende in Europa my gevra of ek nie die Suid-Afrikaanse son mis nie en elke keer wat ek geantwoord het, was dit nee – nie die Suid-Afrikaanse son nie, maar die ruimtes van die Suid-Afrikaanse landskap. Hierdie liefde vir ruimte gee vir my ’n vrye en verlate gevoel. Dit gee my my visie en daarom kan ek nooit gebonde wees tot die inperking van fotografiese indrukke in my werk nie.”