Te Tub: Degas was ’n uitstekende tekenaar, soos gesien kan word in hierdie pasteltekening. Die naakfiguur is gewoonlik verteenwoordig in houdings asof dit voor ’n gehoor is maar hierdie vrou is onbewus van die kyker. Sy word in ’n baie natuurlike posisie uitgebeeld. Sy buig af in die bad en is besig om haarself te was. Sy word in die privaatheid van haar huis uitgebeeld. Degas het gesê, “my vroue is eenvoudige, eerlike figure wat nie belangstel in enigiets behalwe hulle fisiese dade nie … dit is asof jy deur ’n sleutelgat (na hulle) kyk.” Al die aandag is gefokus op hoe die lig op die model se rug val en verhelder en haar sagte, sensuele vel onthul. Die werk het ’n ongewone uitgangspunt omdat die kyker afkyk na die figuur, met bekers op ’n rak. Degas het ’n reeks tegnieke toegepas, soos die vloerareas wat behandel is in parallelle hale van verskillene kleure blou en oranje. Die pastel is neergelê in ’n reeks kruisharserings en skribbels wat toelaat dat die verskillende lae kleure sigbaar bly.
EDGAR DEGAS, THE TUB, 1881. PASTEL OP PAPIER
“Little Dancer”: Dié beeldhouwerk is oorspronklik uit was gemaak voordat dit in 1922 in brons gegiet is. Dit is aangetrek in ’n katoentutu met ’n haarlint, wat ’n ongewone keuse van materiaal was vir ’n beeldhouwerk van hierdie tyd. Dit het op ’n houtbasis gestaan. Om die standbeeld saam te stel, het Degas ’n skelet gebruik wat uit verfkwaste bestaan het. As afronding het hy ’n pruik van regte hare op die model gebruik. Hy het dit toe in was gegiet. Die enigste deel van die oorspronklike beeldhouwerk wat nie in was gegiet was nie, was ’n lint wat die model, Marie van Goethem, vir hom gegee het, en ’n regte tutu. Degas se erfgename het die besluit geneem om die standbeeld in brons te giet, en gevolglik is daar kopieë van hierdie figuur in baie museums in die wêreld. Elke museum wat hierdie figuur uitstal, gee vir haar ’n ander tutu. Die oorspronklike wasmodel is in die National Gallery of Art in die VSA. In hierdie werk het Degas realisme tot die uiterste geneem, veral deur haar aan te trek in ’n regte tutu en deur ’n regte lint te gebruik. Toe dit in Parys uitgestal is tydens die Sesde Impressionistiese Uitstalling van 1881 het dit gemengde resensies ontvang. Die meerderheid resensente was geskok deur die beeldhouwerk. Hulle het gedink dat dit lelik was, dat dit soos ’n mediese proefstuk gelyk het, gedeeltelik omdat Degas dit binne-in ’n glaskas uitgestal het. Sommige mense het die kop en die gesig as afstootlik en primitief beskou. Die inkorporasie van gevonde voorwerpe (die regte klere) sou deur kunstenaars na hom verken word.
EDGAR DEGAS, LITTLE DANCER, 1881, BRONS MET TUTU EN LINT