Op die swart-en-wit-doek is sommige van die afdrukke duidelik gedruk terwyl sommige uiters verdof is; party het amper heeltemal swart geword as gevolg van die opbou van akrielverf tydens die drukproses. Dit lyk of daar baie fotokopieë van die beeld gemaak is en dit het ’n baie vereenvoudigde twee dimensionele weergawe van die oorspronk- like foto geword. Die linkerkantste doek beeld Marilyn uit wat 25 keer gedruk is met helder pienk vir haar gesig, helder geel vir haar hare, rooi vir die lippe, wit vir die tande, turkoois vir die oogskaduwee en die kraag, en oranje vir die agtergrond. Meeste van die beelde is duidelik gedruk, maar die registrasie van die kleure word hier nie altyd perfek gedoen nie. Dit beteken dat party van die kleurareas nie altyd perfek ooreenkom met die swart buitelyn waarin hulle veronderstel is om in te pas nie en daarom is die oë, mond en wenkbroue nie in plek nie. Op hierdie doek is sommige van die beelde ook in donkerder kleure as ander gedruk. Op albei doeke is elke beeld nie presies dieselfde nie en dit skep ’n sin van individualisme in die reeks afdrukke wat geassosieer word met iets wat handgemaak is eerder as iets wat deur ’n masjien vervaardig is. Ten spyte van die effens individualisteise imperfeksies, gee die herhaling van dieselfde beeld en die voor- stelling daarvan in hierdie roosterformaat die effek van ’n massageproduseerde beeld wat vervaardig is as ’n kommersiële produk. Hierdie produk is be- doel om die wêreld van die kopers in te neem en hulle te oorreed om meer te koop. Die herhaling van die enkele beeld skep ook die effek van her- haling wat gesien kan word in ’n rolprentrol en dit word versterk deur die onduidelike effek. Die verbygaan van tyd kan gesien word in die naboot- sing van ’n rolprent. Hierdie werk is verwysend na baie ander skilderye wat herhaling uitdruk wat deur Warhol geskep is.
Die interpretasies van hierdie kunswerk is daarvan afkomstig dat Warhol gekies het om die beeld van ’n Hollywood-ikoon te gebruik. Deur die herha- ling van haar beeld het hy die idee van die “Ewige Meisie” as ’n ikoon van ons moderne samelewing geskep. Omdat die werk ongeveer vier maande na- dat Monroe selfmoord gepleeg het, gemaak is, lyk dit of dit meer betekenisvol kan wees. Die werk word ’n spel tussen die afwesigheid en die hede, die lewe en die dood. Die idee dat filmsterre altyd lewendig in hulle rolprente kan wees en dat hulle onthou word, terwyl hulle in die werklike lewe nie meer lewendig is nie, vestig aandag op die konflik tussen die publieke beeld en hulle lewens asook die persoonlike lewe van ’n ikoon in ons samelewing. Warhol het ontken dat daar enige simbolisme in sy werk was, soos gewoonlik, en het gesê dat Marilyn net nog ’n mens was en dat hy mooi kleure gebruik het om haar skoonheid uit te beeld.
MARYLIN MONROE:
PUBLISITEITSFOTO VIR DIE FLIEK, NIAGARA
ANDY WARHOL. BRILLO SOAP PADS BOXES. 1964. SYSKERM, AKRIEL EN POTLOOD OP LINNE SYSKERM OP SINTETIESE POLIMEERVERF OP HOUT
ANDY WARHOL. 210 COCA COLA BOTTLES. 1962. SYSKERM, AKRIEL EN POTLOOD OP LINNE