327 Beheerde: Nie spontaan; goed beplan en uitgevoer; om volle beheer oor die uitkoms / resultaat te hê.
Beklemtoning: ’n Fokuspunt sal byvoorbeeld die voorwerp of gedeelte van ’n kunswerk beklemtoon; geskep deur ’n spesifieke kleur, tekstuur, lyn, ens. Wat gewoonlik in kontras of in sterker kwaliteite teenoor die res van die voorwerpe or dele van die kunswerk voorkom; die gebruik van elemente op ’n spesifieke manier om gefokusde visuele aandag te trek.
Bespreek: Bied jou standpunt en gee redes vir jou stellings. Bewaarder: Die person in ’n museum of galery wat die kunsversameling bewaar en behou.
Beweging: Ontwerpselement wat met die doel om die kyker se aandag in ’n spesifieke rigting in die komposisie te lei; die verspreiding van kontrasterende of soortgelyke kwaliteite of elemente regdeur die komposisie, kan help om beweging te skep.
Biomorfies: geassosieer met vorms wat in die natuur te vinde is, sien ook die term ‘organies’.
Blaue Reiter: (die Blou ruiter) ’n groep Duitse kunstenaars soos Wassily Kadinsky en Paul Klee wat gemoeid was met subjektiewe gevoelens en spritualiteit.
Boheems: Oorspronklik ’n beskrywing vir sigeuners (van Bohemië), later is dit gebruik in kuns sirkels om mense te beskryf wat doelbewus afskei van die bourgeois (middelklas) samelewing.
Brücke: (Die Brug) ’n groep Duitse kunstenaars gelei deur Ernst ludwig Kirchner wat geweldige kleure en verdraaiing in hulle skilderye en drukwerke beklemtoon het om te protester teen die sosiale omstandighede voor die Eerste Wêreldoorlog.
Bui: geestestoestand of gevoel wat deur die komposisie kommunikeer word, veral deur die gebruik van spesifieke kleure en teksture.
C
Chiaroscuro: Die balans van lig en donker in ’n prent, en die vaardigheid wat deur ’n kunstenaar in die bestuur van skaduwees getoon word. sterk verligte figure of voorwerpe kontrasteer dramaties met ’n donker agtergrond.
Chronologiese orde (kronologiese): Die ware orde of volgorde van tyd. Circa: gebruik met ’n datum soos c. 1270. Dit beteken omtrent of ongeveer. Cloisonisme: Buitelyne in blou of swart van helder, gekleur areas. Collage: Beelde, patrone en teksture wat op ’n ander oppervlak geplak is.
Colourfield skildery: Word hoofsaaklik deur groot velde plat, soliede kleur, uitgesprei of in die op die skilderdoek gevlek. Dit skep areas van ’n egalige oppervlak en ’n plat beeldarea. Die klem is op die groot velde van kleur eerder as op die ekspressiewe kwashale en die aksies van skilder. Hierdie styl was ontwikkel onder die invloed van Europese modernisme en was ’n baanbrekerskomponent van abstrakte Ekspresionisme.
Combine-skilderye: ’n Term wat robert rauschenberg gebruik het om sy kunswerke te beskryf wat regte voorwerpe, skilder en fotografiese beelde gekombineer.