Invloed van moderne sielkunde Moderne sielkunde beweer dat rede en logiese gedagtes slegs ’n superstruktuur van menslike gedagtes is. Die mens beskik oor ’n diepte wat die rede nie kan binnedring nie, naamlik die onderbewussyn. Die belangrikheid van die onbewuste deel van die menslike brein is ontwikkel deur die teorieë en psigo-analise van Sigmund Freud (1856 – 1939). Volgens Freud is die bewuste deel slegs die spits van die ysberg. Alle menslike aktiwiteit word deur die onderbewussyn beïnvloed. Freud se geskrifte het dit aan Surrealiste duidelik gemaak dat die onderbewussyn, instinkte en drome ’n integrale deel is van menslike wesens. Volgens Freud word sekere ondervindings, gewoonlik negatiewe ervarings, in die onderbewyssyn forseer, wat tot allerhande soorte komplekse lei. In sy geskrewe werk het Freud ook temas soos die rol van seksualiteit ondersoek, veral die manier waarop kinderseksualiteit latere volwasse gedrag beïnvloed.
Freud se student, C.G. Jung (1875 – 1961), het verder gegaan en gesê dat alle mense ’n kollektiewe onberwussyn deel. Dus het die Surrealiste geglo dat indien hulle hierdie belangrike bron, die onderbewussyn, as basis vir skepping gebruik, hulle met alle mense op ’n onderbewuste manier sou kon kommunikeer weens die kollektiewe onderbewussyn. Jung het geskryf oor die belangrikheid van die wêreld van drome, en hoe simbole wat in drome verskyn ons kan help om onsself te verstaan. (Die Surrealiste het hierdie teorieë tot hulle eie voordeel gebruik en nie om ander te help nie, bv. die interpretasie van drome.)
Eienskappe van Surrealisme Die Surrealiste het ’n nuwe basis vir kuns gevind in: • Die regeer van die onlogiese, eerder as die logiese • Die verkenning van die onderbewussyn eerder as van die bewuste verstand.
• Die belangrikheid van die droomwêreld, eerder as die rasionele wakker wêreld.
• Die Surrealiste se kuns is afkomstig van die onderbewussyn en die algemeenste temas in hulle skilderye is die wat dikwels onderdruk word in die bewuste verstand, naamlik dit wat te doen het met seksualiteit, geweld en die dood.
• Freud se opvatting dat die mense se seksuele fantasie in droombeelde verskyn, het die Surrealiste beïnvloed en hulle het dikwels simbole met ’n seksuele konnotasie gebruik, bv. vrugte (vroulik) of pilare (manlik).
MAX ERNST, THE ROBING OF THE BRIDE, 1940. OLIE OP DOEK
• Surrealisme wou die chaos van hulle tye ontsnap en dit oorheers deur ’n mag te gebruik wat hoër as die werklikheid is, naamlik die sur-realiteit.
• Surrealisme was ’n siening van die lewe en ’n gemoedstoestand.