• Aanwending: Die aanwending van verf is uiters egalig en toon geen sigbare kwashale nie. Die gebruik van tekenspuit (“air-brush”) deur sommige kunstenaars het ook bygedra tot die algehele verwydering van verpersoon- like merke in die skildery. Soos die tegniek om presies gedetailleerde vorms, kleure en tonale waardes te skep baie belangrik vir hierdie styl is, moet die kunstenaar oor ’n tegniese vermoë beskik om ’n fotografiese afronding te skep.
• Media: Meeste van die kunstenaars het tradi- sionele soorte media soos olie of akriel op doek gebruik, maar daar is kunstenaars wat die kommersiële skildertegniek van teken- spuit gebruik het. Die kunstenaars het pro- jekteerders of die roostertegniek gebruik om die beeld op doek of papier oor te dra. Die Superrealistiese beeldhouers soos Hanson het veselglas-versterkte poliësterharpuis gebruik om lewensgrootte replikas van mense te maak wat hy dan in olieverf geskilder het volgens die fotorealistiese styl en hulle dan aangetrek het met regte klere en bykomstighede.
AUDREY FLACK. WHEEL OF FORTUNE (VANITAS). 1977 – 1978. OLIE OOR AKRIEL OP DOEK
DUANE HANSON. WOMAN EATING. 1971. VESELGLAS EN GEMENGDE MEDIA MET BYKOMSTIGHEDE. LEWENSGROOTTE
JOHN DE ANDREA. DIANE. 1987. DRIE DIMENSIONELE LEWENSGROOTE BEELDHOUWERK: POLIVINIELE GIETVORM