128 Tema: PORTRET 3.1 - Jou onderwyser sal jou lei.. Begin met jou BRONBOEK
Die volgende is ’n paar opsies om in jou bronboek te ondersoek: • Vul ’n dubbelbladsy in jou bronboek met voorbeelde van portrette van die bewegings wat jy in hierdie hoofstuk bestudeer het, soos Fauvisme en Kubisme. Onthou om hierdie werke te benoem deur die naam van die kunstenaar en die titel van die werk in te sluit. Maak klein etikette om stilistiese kenmerke aan te dui en plak hulle op jou werke vas. Voorbeelde van eienskappe sal helder, arbitrêre kleure en verwringing insluit.
• Ondersoek sommige van die volgende benaderings om ’n portret uit te beeld. Gebruik ’n spieël vir ’n selfportret of gebruik ’n klasmaat as ’n model. Dit kan ’n goeie idee wees om op groot, los papiere te teken. Jy kan hulle in jou bronboek inplak of hulle as ’n portefeulje van ondersoeke gebruik wat jy met foto’s in jou bronboek kan dokumenteer. – Gebruik ’n pen of ‘n Koki-pen om ’n aaneenlopende lyntekening van die model te maak.
Doen dit stadig en konsentreer op klein details, soos die voue in kleredrag of die tekstuur van die hare. Neem gekleurde Koki-penne of verf en kleur jou tekening in deur arbitrêre kleure te gebruik soos die Fauviste gedoen het.
– Maak ’n reeks portrette wat emosies soos vreugde, woede en depressie uitbeeld. Beperk jou tyd deur vir 5, 10, 15 of 20 minute te teken en forseer jouself om vinnig te werk om die kern van die emosionele gesig uit te beeld. Probeer om verskillende mediums soos houtskool, ’n oorpluisie en ink te gebruik, ’n stok en dun verf of ’n stuk karton en dik verf. Kies een van jou tekeninge en voeg ink-, tee- of koffiewasse by om atmosfeer te skep.
tone en
– Maak ’n portrettekening in potlood. Knip die tekening in skerp fasette uit (soos pizza-skywe). Plak hulle op ’n nuwe manier op jou bladsy. Verbind die areas tussen die fasette. Voltooi jou Kubisme geïnspireerde tekening deur toon, tekstuur en patroon by te voeg.
– Verken die Kubistiese idee van gelyktydigdeid deur ‘n model te gebruik. Begin deur die model te teken. Na ongeveer tien minute moet jy jou posisie verander en aanhou om die model uit hierdie ander oogpunt te teken. Herhaal hierdie proses sodat jy ten minste vier uitgangspunte kry. Jou uitdaging is om die fragmente van verskillende uitsigte in een beeld te kombineer.
• Na al hierdie voorbereidings moet jy jou idee ontwikkel om ’n finale werk of reeks werke oor die tema te skep in die vorm van ’n portret. Begin deur ’n breinkaart te maak. Dink oor wie jy wil uitbeeld. Oorweeg die gemoedstemming en atmosfeer, stilistiese eienskappe, media en tegnieke. Oorweeg dit om ’n oppervlak te gebruik wat verwys na die model. Byvoorbeeld, skilder jou ma op ’n afdrooglap. Jy kan iemand kies wat jou kultuur verteenwoordig. Oorweeg ook sommige van die style en tegnieke wat deur kunstenaars gebruik is wat jy in hierdie hoofstuk behandel het.
• Skryf jou bedoeling vir hierdie projek neer en maak klein sketse om komposisie moontlikhede uit te beeld. Onthou dat die direkte nabootsing van ’n beeld wat nie deur jou geskep is nie, soos tydskrifeelde, ’n vorm van plagiaat is en nie aanvaarbaar is nie. Jy kan ’n lewende model gebruik of jy kan ’n reeks foto’s van die model neem of jy kan vanaf jou eksperimente werk.
• Maak ’n finale tekening om jou komposisie te finaliseer. • Nadat jy hierdie taak voltooi het, moet jy skriftelik oor die hele proses besin.