Die Amerikaanse regering het die Federal Arts Project tydens die Groot Depressie gestig om ver- ligting te gee aan kunstenaars wat swaargekry het weens die ekonomiese omstandighede. Dit het baie uiteenlopende figure byeengebring. Daar was geen formele onderskeid tussen die belangrikheid van figuratiewe of abstrakte kuns nie. Laasgenoemde het meer aanvaarbaar geword. Hierdie effekte is oorgedra na die 1940’s en 1950’s.
“SHALL THE ARTIST SURVIVE?” BEN SHAHN. THE FARMERS. 1943. GOUACHE OP BORD
SHAHN WAS BEKEND VIR SY LINKSE POLITIEKE UITGANGSPUNTE EN AS ’N SOSIALE REALIS WAT OOK FOTO’S TYDENS DIE DEPRESSIEJARE GENEEM HET.
Die Sosiaal-Realistiese en Streeksbewegings (“Regionalist”) in Amerika was die oorsprong van meeste kunstenaars wat uiteindelik abstrak- te skilderstyle ontwikkel het.
’N KLEURSYSKERM-PLAKKAAT VIR DIE FEDERAL ARTS PROJECT WAT ’N DAAGLIKSE BESPREKING IN NEW YORK AANKONDIG.
THOMAS HART BENTON. THE BALLAD OF THE JEALOUS LOVER OF LONE GREEN VALLEY. 1934. OLIE OP DOEK
HIERDIE STREEKSKUNSTENAAR, ASOOK GRANT WOOD, HET KUNSTENAARS SOOS POLLOCK BEÏNVLOED.
HANS HOFMANN. THE GOLDEN WALL. 1961. OLIE OP DOEK
Hans Hofmann was ’n Duitsgebore kunstenaar, onderwyser en teoretikus wie se eerstehandse onder- vinding van Kubisme, Fauvisme en Ekpressionisme sy onderrig in Amerika beïnvloed het. Hy het die proses van skilder beklemtoon in die kwaliteit van die wêreld van kuns – en die wêreld van voorkomste is weerspieël in die sintese van Kubisme en Fauvisme, wat gesien kan word in die werke wat geskep is by sy kunsskool in New York.