Kyk na die twee voorbeelde van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Walter Battiss. Hy was beïnvloed deur Rotskuns maar ook deur die werke van die Fauviste wat hy in Europa gesien het. Identifiseer die Fauvistiese kenmerke in hierdie twee kunswerke.
SEA SWALLOWS, WALTER BATTISS.
WALTER BATTISS, CHILD PLAYING,
“Ek droom oor ’n kuns van balans of suiwerheid en rustigheid wat vry is van ontstellende of neerdrukkende onderwerpe, ’n kuns wat iets is soos ’n goeie armstoel waarin ’n mens kan rus kry van verstandelike of fisieke moegheid.” - Henri Matisse
WIE WAS MATISSE?
Henri Matisse (1869 – 1954) was die belangrikste Fauvistiese kunstenaar en een van die meesters van moderne kuns. Matisse het sy volwasse lewe as ’n prokureur begin en het toe kuns studeer onder leiding van die onderwyser Moreau, wat hom aangemoedig het om sy eie rigting te volg en om sy werk te vereenvoudig. As ’n jong man is Matisse beïnvloed deur die kleurteorieë van Seurat se tegniek van divisionalisme, soos gesien kan word in Luxe, Calme, et Volupté (1904). Matisse het gou sy manier van werk as te stram beskou, en onder die invloed van Gauguin se groot, plat areas van intense kleur het hy begin om daardie werke te verf wat nou as Fauvisme bekendstaan.
Alhoel Matisse se skilderye spontaan voorkom, het hy eintlik baie stadig en moeisaam gewerk. Hy het ’n lang proses gebruik van aaneenlopende klein veranderinge aan kleur en vorm totdat hy presies die harmonieuse balans bereik het wat hy wou. Sy onderwerpe is stillewes, interieur van kamers (dikwels met ’n uitsig wat deur die venster gesien kan word) en die vroulike vorm. Sy werk het toenemend eenvoudiger geword namate hy ouer geword het. Hy het vir ’n groot deel van sy lewe in ’n woonstel gebly wat oor die see uitgekyk het in die Franse kusdorpie, Nice. Sy kuns weerspieël sy lewe, die uitsig binne sy woonstel en die uitsig buite sy venster. Alhoewel hy deur albei wêreldoorloë in hierdie eeu geleef het, is hierdie ondervinding nie in sy kuns verteenwoordig nie. As ’n ou man was hy aan ’n rolstoel gebonde na maagchirurgie en het hy ’n nuwe kunsvorm, die papieruitknipsel, ontdek. Hy het helderkleurige papier gebruik en groot vorms uitgeknip om helder, semi-abstrakte werke te skep, bv. Te Snail (1953).
HENRI MATISSE, LUXE, CALME, ET VOLUPTÉ, 1904. OLIE OP DOEK
HENRI MATISSE, JOY OF LIFE, 1906. OLIE OP DOEK
HENRI MATISSE, THE SNAIL, 1953. COLLAGE. VISUELE KUNSTE GRAAD 11