Wat beskou jy as die “littekens” in ons samelewing vandag? Jy kan Suid-Afrika oorweeg of aan meer internasionele littekens dink. Sou dit MIV/vigs, armoede, kindermishandeling, misdaad, droogte, die situasie in die Midde-Ooste of enige ander kwessie wees?
1.6
- Jou onderwyser sal jou lei.. Begin met jou BRONBOEK
Die volgende is ’n paar opsies om in jou bronboek te ondersoek: • Blaai deur ’n koerant en knip alle opskrifte of woorde in opskrifte uit wat aanduidings van “littekens” in ons samelewing is. Kyk veral hoe sosiale en politieke omstandighede “littekens” veroorsaak het. Plak hierdie woorde in jou bronboek.
• Skryf langsaan hierdie kwessies of hulle verwys na byvoorbeeld armoede, kindermishandeling, geweld, misdaad, ens.
• Doen navorsing oor die werk van drie kunstenaars wat sterk sosiale kwessies in hulle werk uitdruk.
• Besluit op die litteken/kwessie wat jy wil aanspreek. Doen navorsing hieroor, byvoorbeeld verkry statistieke wat na die kwessie verwys. Verwerk hierdie navorsing in jou eie woorde.
• Maak ’n breinkaart van jou gekose “litteken”. Dink aan idees wat verwant is aan hierdie kwessie, asook beelde, materiale en tegnieke.
• Begin om duimnaelsketse te maak om verskillende maniere te ondersoek waarop jy jou idees kan uitdruk. Onthou om skeppend te wees en nie clichés te gebruik nie. Ontwikkel jou eie beelde en simbole.
• Maak ’n finale tekening om jou komposisie af te rond. • Dokumenteer jou gedagteprosesse op skrif en/of visueel vir jou finale kunswerk deur die keuse van medium, styl, komposisie, betekenis, ens. te oorweeg. Jy mag dit oorweeg om ’n verskeidenheid twee-dimensionele en/of driedimensionele media, koerantknipsels, doringdraad, klein voorwerpe, ens. te gebruik. Onthou dat hierdie ’n kunswerk is en dat die kunselemente, tegniek, styl, ens. net so belangrik soos die boodskap is. • Nadat jy hierdie taak voltooi het, moet jy oor hierdie hele proses skryf.
DIE OPDRAG
Jou opdrag is om ’n finale kunswerk oor die tema van ’n “litteken” in die same- lewing te maak.
Jou kunsonderwyser sal jou tydens hierdie proses lei en kan jou verdere instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens.
Voltooi jou kunswerk onder die leiding van jou kunsonderwyser. VISUELE KUNSTE GRAAD 11