van intellektuele spel tussen die voorwerpe, die omgewing en die interaksie van die kyker het plaasgevind tydens die 1970’s en 1980’s toe installasiekuns ’n prominente kunsvorm geword het. Sedert die 1990’s het installasiekuns ’n institusioneel aanvaarbare kunsvorm geword en vul groot spasies soos die Guggenheim Museum en die Turbine Hall van die Tate Modern. Sedert antieke tye het mense verskillende metodes soos opoffering,
tattoeëring, deurprieming,
liggaamsverf en hervorming as ’n manier om hulself te definieer ten opsigte van identiteit en kultuur. Kunstenaars se gebruik van hulle liggame as medium of oppervlakte wat verwant is aan ’n konsep of stelling het saam met die ontstaan van Konseptuele Kuns ontwikkel. Lyfuns is nou verwant aan Konseptuele Kuns en is ’n subkategorie van Uitvoerende Kuns of Happenings, aangesien die kunstenaar konseptuele aksies opvoer deur die menslike liggaam te gebruik of te misbruik.
Aardkuns of Landkuns is deur die eeue heen uitgevoer deur mense sonder dat dit as kuns gekategoriseer is. ’n Antieke monoliet soos Stone Henge is ’n goeie voorbeeld van hoe mense strukture in die natuur met ’n simboliese doelwit geskep het. Landskapskilder is ook ’n invloed op aardekuns omdat baie kunstenaars in die omgewing geskilder het en daardeur ’n verbintenis met die omgewing en die effekte van die weer ontwikkel het wat in die skilderye gebruik word. Die formele idee van Aard- of Landkuns het in die laat 1960’s in die VSA ontstaan. Die eerste uitstalling wat beskou kan word as die oorsprong van die kunsvorm was Earth Works en is in 1968 by die Dwan-galery in New York gehou. Die gees van politieke aktivisme van die 1970’s wat bespeur kon word in die ontluikende feministiese en omgewingsvryheidsbewegings het die boodskap van sommige Aardkunswerke beïnvloed. Hierdie kunswerke word ook beskryf as Omgewingskuns omdat dit ’n ekologiese boodskap bevat.
MARCEL DUCHAMP, ANEMIC CINEMA, 1926. DUCHAMP HET ’N BEWEGENDE SPIRAALONTWERP
VERFILM WAT ONDERSNY IS MET ’N DRAAIENDE
SKYF WAT FRANSE FRASES BEVAT HET.
ANDY WARHOL, SLEEP, 1963. STIL BEELD DIE FILM UIT WAT JOHN GIORNO, ’N VRIEND VAN WARHOL, GEDOKUMENTEER HET TERWYL HY GESLAAP HET VIR 5 URE EN 20 MINUTE.
Die ontdekking van die kamera is die oorsprong van die veranderinge wat begin plaasvind het tydens die 20ste en 21ste eeu in terme van voorstelling, kommunikasie en die gehoor. Sedert die ontwikkeling van die filmkamera, videokamera en die rekenaar, het kunstenaars onmiddellik begin om die toerusting se potensiaal te begin gebruik vir eksperimentasie tydens die skep van visuele kunswerke. Die lede van die Dada-beweging het die tradisionele fliek verwerp omdat dit bestaan het as ’n medium van impressionisme wat vir die smaak van die massas gemaak is. Ten spyte hiervan was daar kunstenaars soos Marcel Duchamp en Man Ray wat geëksperimenteer het met die moontlikhede van visuele onderbreking, wat bereik kon word deur hierdie nuwe tegnologiese medium. Die Surrealiste het die potensiaal van die fliek as ’n medium herken om te kan verken in hulle soektog om die moontlikhede van visuele uitdrukking in kuns uit te brei deur ’n jukstaposisie van ongewone beelde, die verwerping van werklikheid en die gereelde gebruik van skokkende beelde wat hulle in hul films geskep het wat verwant is aan die wêreld van drome. Daardie tyd was dit baanbrekerswerk.
Die eerste kunstenaars wat videokunswerke uitgestal het, was die Duitse kunstenaar Wolf Vostell, wat drie dimensionele collage-werke geskep het, en Nam June Paik wat in 1959 geëksperimenteer het deur beelde te beeldsend wat deur magnete verwring is. Andy Warhol is nog ’n kunstenaar wat die filmkamera gebruik het om in die 1960’s films te skep waarin hy op ‘n konseptuele manier oor ’n verskeidenheid onderwerpe kommentaar gelewer het.