Kenmerke van Fauvisme Die Fauviste het nie naturalistiese uitbeeldings gedoen nie omdat hulle daarin geglo het dat ’n skildery sy eie werklikheid het en dat dit nie slegs ’n weergawe van die visuele wêreld is nie.
Onderwerp • Hulle het nie wilde of “dieragtige” temas uitgebeeld nie, maar alledaagse tonele soos landskappe, figure, interieure en portrette. Die Fauviste het die werklikheid as hulle bron gebruik, maar het geglo dat elke kunstenaar sy emosionele reaksie op die onderwerp moes weerspieël.
• Ware kleure beeld hierdie emosie uit. • Alhoewel hulle steeds die wêreld rondom hulle geskilder het, is hulle kleur arbitrêr (vrye keuse).
Kleur
• Kleur is die hoofeienskap van hulle werk en die bevryding van kleur is hulle grootste bydrae tot Modernisme. Hulle kleur is sterker as dié wat in vorige bewegings gebruik is en ook sterker as in die werke van kunstenaars soos Van Gogh en Gauguin.
• Kleur is arbitrêr (vrye keuse) en nie naturalisties nie, selfs al het hulle vanuit die natuur gewerk. Kleur word dikwels gebruik om emosie uit te druk.
• Kleur is dikwels suiwer, nie gemeng nie. • Helder en intense kleur word dikwels gebruik op groot, plat areas wat uit een kleur bestaan.
• Helder, teenstellende kleure op voorgronde en in agtergronde wat ewe helder is. Suiwer kleure beeld emosie uit.
Vorm • Vorm is ondergeskik aan kleur. Kleur is gebruik om vorm, lig en diepte uit te beeld.
• Vorms is verwronge en word dikwels met verkeerde perspektiewe gekombineer.
• Doelbewuste lompheid word gebruik in emosionele uitbeeldings. Skilder word vereenvouig en het ’n kinderlike kwaliteit.
• Vorms word dikwels omlyn. • Baie dekoratief.
Aanwending van verf • Energieke, vinnige kwashale. • Elke kwashaal het emosie. • Verf is dikwels nie gemeng nie en is direk uit die buisie gebruik. Tegnieke wissel tussen divisionalisme en suiwer, plat areas.
ANDRÉ DERAIN, POOL OF LONDON, 1906. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE GRAAD 11
ANDRÉ DERAIN, WOMAN WITH CHEMISE, 1906. OLIE OP DOEK
MAURICE VLAMINCK, RED TREES, 1906. OLIE OP DOEK MATISSE, WOMAN WITH A HAT, 1905. OLIE OP DOEK