“Die mees kolossale, moorddadigste, mees wanbestuurde slagting wat ooit op aarde plaasgevind het.” - Ernest Hemingway, skrywer
Die Eerste Wêreldoorlog het op 28 Julie 1914 begin en het voortgeduur tot 11 November 1918. Dit het al die wêreld se groot magte ingesluit wat bymekaargekom het in twee teenoorstaande alliansies: die Geallieerdes (Frankryk, die Britse Ryk, Rusland en later Japan, Italië en die Verenigde State van Amerika) en die Sentrale Magte (Duitsland, Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk [Turkye]). Totdat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het, is die Eerste Wêreldoorlog dikwels die Groot Oorlog genoem omdat dit die vernietigendste
oorlog was wat die wêreld ooit gesien het.
Dit was ’n oorlog wat gevoer is in loopgrawe regoor Europa. Dit was ’n moderne oorlog wat gevoer is met vliegtuie, masjiengewere en tenks, maar die bevelvoerders het dikwels opgetree asof dit ’n 19de-eeuse oorlog was. Hulle het hul troepe oor oop grond laat marsjeer, net om afgemaai te word deur masjiengewere. Die gebruik van gifgas het bygedra tot die gruwels van die oorlog. Twee groot veldslae is geveg aan die Westerse Front in 1916, die Slag van Verdun en die Slag van die Somme, wat byna twee miljoen lewens geëis het.
Byna twintig miljoen mense is dood en die oorlog het die grootste deel van ’n generasie van jong mans se lewens geëis. Die oorlog se nalatenskap, emosioneel, polities en ekonomies, het aangehou om by Europa te spook en het gelei tot die fondament van die Tweede Wêreldoorlog 21 jaar later.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
en wydverspreidste
OTTO DIX, STORM TROOPERS ADVANCING UNDER GAS, EEN VAN DIE REEKS ETSE EN AKWATINTE WAT DIX IN 1924 AS THE WAR GEPUBLISEER HET.