185 WIE WAS MIRÓ? Joan Miró (1893 – 1983) was ’n Spaanse Surrealistiese kunstenaar.
“Vir die Harlekyn se karnaval het ek baie tekeninge gemaak waarin ek my hallusinasies uitgebeeld het wat weens honger ontstaan het. Ek het in die aand by die huis aangekom sonder om te geëet het en my sensasies op papier aangeteken.” – Joan Miró.
JOAN MIRÓ, CARNIVAL OF HARLEQUIN, 1924 – 25. OLIE OP DOEK
’n Kamer met ’n venster en ’n tafel word uitgebeeld en hulle behoort min of meer in die alledaagse lewe, maar daarna dit het Miró se verbeelding oorgeneem. Vreemde groepe insekagtige kreature wat speel, dans en musiek maak. Een van hulle toon die voorstelling van ’n menslike gesig met ’n verspotte snor. Volgens Miró : “Ek begin skilder en terwyl ek skilder begin die prent om homself te laat geld, onder my kwas. Die vorm word ’n simbool vir ’n vrou of ’n voël terwyl ek werk … Die eerste stadium is vry, onbewus, maar die tweede stadium is versigtig uitgedink.” Outomatisme het hom die vryheid gegee om sy drome en fantasieë uit te beeld.
MAX ERNST, EUROPE AFTER THE RAIN, 1940 – 2. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE GRAAD 11