kroegmeisie wat in ’n nagklub werk en is nie ’n “godin” in ’n geïdealiseerde landskap nie. Hierdie kunswerk is uiters interessant weens die reusespieël wat parallel aan die oppervlak is en wat die hele toneel reflekteer. Dit is ’n skildery oor lig – direk en indirek. Die enigste soliede werklikhede is die marmer kroegblad en die bottels, ’n bak lemoene en twee blomme wat delikaat in ’n vaas geplaas is. Al die ander mense in die skildery word in die groot kroegspieël uitgebeeld as haastig geskilderde, hard weerspieëlde gesigte en liggame. Die spieël weerkaats ’n balkon waarop daar baie mense is, ’n kandelaar, ligte en bottels. Die meisie kyk in die oë van die kyker. Deur die proses van die eliminasie, is die kyker die man met die pluiskuil wat in die spieël gereflekteer word. Daar is geen poging om die beeld logies uit te druk nie en en daar is teenstrydigheid in die verhouding tussen die weerkaatsings in die spieël en die werlkike goed. Hierdie werk is ook interessant omdat dit een van die eerste kunswerke is wat die “moderne lewe” uitbeeld en ’n vrou wys wat in ’n “moderne” omgewing werk – en wat die lusteloosheid en uitbuiting van haar posisie ten toon stel.
Kan jy die vernuſtige insluiting van die voete van ’n sweefstokarties o pspoor?
Hoeveel van die algemene kenmerke van Impressionisme kan jy op hierdie werk toepas?
ÉDOUARD MANET, A BAR AT THE FOLIES-BERGÈRE, 1882. OLIE OP DOEK 2.1 Voltooi in jou VKS-werkboek.
Manet se Olympia is in 1865 by die Sa- lon aanvaar. Dit het ’n oproer veroorsaak en is beskou as ’n immorele skildery wat op ’n slordige en lui manier voltooi is. Manet het geskryf dat “beledigings so dik soos hael op my uitgestort word”. Die hoogtepunt van die 1865 se Salon was Cabanel se Birth of Venus, wat deur die Keiser van Frankryk gekoop is.
ALEXANDRE CABANEL, BIRTH OF VENUS, 1863. OLIE OP DOEK
Bespreek waarom Olympia so ’n skok vir die publiek was in vergelyking met Cabanel se Birth of Venus wat geprys is?
Jy kan die volgende oorweeg oor Olympia: • Onderwerp • Tegniek • Die verhouding tussen die kyker en die naakfiguur (die blik van Olympia).