Die idee van Ekspressionisme as ’n manier om kuns te maak, beklemtoon die spontane uitdruk- king van gevoel en nie die teoretiese aspekte van kuns nie. Dit is die basies van Neo-Ekspressio- nisme. Emotiewe kunstenaars soos Munch en die Duitse Ekspressioniste was belangrike invloede op die Neo-Ekpsressioniste. Die invloed van die werke van Nolde, Beckman, Grosz en Kirchner het teen Minimalisme, Pop-Kuns en Konseptuele Kuns gewerk deur die verbeelding aan te wakker om uiting te gee aan menslike emosies. Abstrakte Ekspressionisme het ’n groot invloed gehad op die uitdrukking van individuele emosies en die kwasmerk as die individuele handtekening van die kunstenaar. As ’n Post-Modernistiese be- weging het die Neo-Ekspressioniste met opset eklektiese bronne van ’n verskeidenheid style en bronne gebruik, en sommige van hulle is deur die algemene publiek as onversoenbaar beskou. Eklektisisme is om die vryheid te hê om te kies uit die groot agtergrond van geskiedenis en kuns- geskiedenis, asook uit kontemporêre kultuur. Al- hoewel die Neo-Ekspressionistiese kunstenaars oor die algemeen as teenkanters van die steriliteit van Konseptuele Kuns beskou is, hang hulle kuns af van sekere konseptuele eienskappe in die opsig dat hulle die moontlikheid van ware uitdruk- king bevraagteken terwyl hulle werk maak wat ekspressief is. Die Amerikaanse dominansie van avant-garde kuns is gebreek deur die sterk teen- woordigheid van Europese kunstenaars, veral vanaf Duitsland en Italië. Palladino, Cucchi, Chia en Clemente vanuit Italië en Baselitz, Immendorf, Penck, Fetting en Kiefer van Duitsland is kuns- tenaars wat met hierdie styl geassosieer word. In Amerika het Schnabel en Salle bekend geraak vir hulle Neo-Ekspressionistiese werk.
Kenmerke: • Neo-Ekspressionisme is ’n styl van skilder wat ’n sin van innerlike versteur, spanning, afson- dering en dubbelsinnigheid kommunikeer deur die uitbeelding van mense en voorwerpe op ’n growwe, primitivistiese en soms gefragmen- teerde manier.
• Onderwerp: Die Neo-Ekspressioniste se werke het die kontemporêre, stedelike lewe en waardes weerspieël. Hulle het teenstrydige beelde en style as deel van hulle persoonlike ondersoeke in geskiedenis en mites gekombineer. Hulle werke kan geïnterpreteer word as ’n resultaat van komplekse sosiale en kulturele omstan- dighede soos ervaar word deur individue. Dit weerspieël ook ’n vorm van estetiese anargie wat buite die grense van tradisie geleë is.
JORG IMMENDORFF. CAFÉ DEUTSCHLAND. CONTEMPLATING THE QUESTION-WHERE DO I STAND? 1987. OLIE OP DOEK
• Komposisie: Hulle werke het ’n totale verontag- saming van die tradisionele reëls van komposi- sie en ontwerp gewys. Hulle het dikwels beelde gefragmenteer en laat oorvleuel. Die idee van ’n sentrale beeld en eenheid disintegreer in die Neo-Ekspressionistiese kunswerk. Hierdie is die invloed van ’n pluralistiese samelewing omdat beelde oor die doek gestrooi is sonder logika.
DAVID SALLE. OLD BOTTLES. 1995. OLIE EN AKRIEL OP DOEK
• Vorms: Hulle het figuratiewe vorms gebruik wat herkenbaar is, maar wat dikwels verduister word oor die ekspressiwiteit van die skilderstyl en die gebruik van fragmentasie en die opstapel van beelde. Sekere van die kunstenaars het opsetlik lomp geskilder en werke geskep wat kinderlik voorkom as ’n gevolg van direkte emosionele uitdrukking. Sekere van die skildervorms het ’n tekenagtige karakter en ’n sterk liniêre kwaliteit.