Jacques-Louis David, Te Death of Marat David was baie betrokke by die Franse Revolusie. Een van sy roerendste werke is hierdie skildery van die dooie Marat. Hy was ’n politikus en een van die leiers van die Revolusie tydens die Skrikbewind. Marat is in sy bad vermoor deur Charlotte Corday, ’n lid van die opposisie. David is opdrag gegee om hierdie portret te skilder om die momentum van die Revolusie te verseker. Die werklike Marat het ’n afgryslike voorkoms gehad en moes gereeld bad weens ’n ernstige velinfeksie. David moes Marat op die aantreklikste manier moontlik uitbeeld en nie as ’n ou, siek man met ’n verskriklike veltoestand nie.
JACQUES-LOUIS DAVID, THE DEATH OF MARAT, 1793. OLIE OP DOEK
David het Marat as ’n martelaar geidealiseer wat vermoor is terwyl hy vir die algemene goed van die mense gewerk het. Die letterlike waarheid was onbelangrik in hierdie doelbewuste propoganda- daad. In dié werk word Marat uitgebeeld as ’n man wat sy lewe vir sy mense en sy land opgeoffer het. David kon inderdaad gekies het om ’n glansryke portret van Marat te skilder, maar in plaas daarvan sien ons Marat in ’n bad, omring deur armoede – roemloos en weerloos. David beeld ’n jong, gesonde man in ’n bad uit wat hy as lessenaar gebruik. Die eenvoudige
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
komposisie word voltooi deur ’n ou houtkrat. Die groot agtergrond is eenvoudig en donker om die fokus op die figuur te plaas. Dit skep ’n atmosfeer van rustigheid en vrede, en behalwe vir ’n bietjie bloed, verwys dit nie na sy gewelddadige dood nie. Die uitgestrekte, hangende arm is soortgelyk aan die van Christus in Michelangelo se Pieta. David stel voor dat Marat homself vir die mense opgeoffer het, net soos Christus. Die tulband rondom sy kop vorm ’n soort stralekrans en ’n lig skyn op ’n hemelse manier op sy gesig. Die kleure in hierdie roerende werk is gedemp.