uitdrukkings wat gesimboliseer is deur vroue soos Emily Dickenson, Virginia Woolf en Georgia O’Keeffe. Die Heritage-vloer, waarop die tafel rus, is struktureel en metafories ondersteunend omdat die vroue wie se name in goud op die teëls gegraveer is, gekies is om die 39 vroue in die gedekte plekke te kontekstualiseer. Hierdie werk vertel die storie van vroue se stryd om hulle idees bekend te maak en om belangrikheid in die wêreld te bereik, net om hulle prestasies gemarginaliseer of uitgevee te hê. Dit is ’n herwinning van vroue se rol in die geskiedenis van die wêreld. Die werk is opspraakwekkend om verskeie redes. Dit kritiseer die tradisionele historiese uitgangspunt oor wat as belangrike bydraes in wêreldgeskiedenis beskou word. Dit gebruik vroulike seksualiteit in die vorm van vaginale beelde as simbolies van vroue se totale mag en kreatiwiteit. Dit het ook handwerktegnieke soos borduurwerk en dekoratiewe keramiekwerk wat normaalweg met vroue geassossieer word, verhef tot die vlak van hoë kuns, wat tradisioneel met mans geassossieer word.
Die kritiek hierteen verwys na die feit dat die keuse van sekere vroue as belangrike figure in geskiedenis en die weglating van ander beskou kan word as ’n eng opvatting van vroue se bydraes. ’n Toestand van ongelykheid is die resultaat van die feit dat vroue weereens onderskei word van mans in hierdie monumente wat opgedra is aan hulle grootsheid. Hulle word ook op ’n algemene manier verteenwoordig deur te fokus op hulle
WIE IS ELIASSON?
“Ek was geïnteresseerd in hoe ons die wêreld betrek. Hoe gebruik ons ons vel as ons oë? Indien jy ’n stadskap of ’n landskap slegs met jou verstand lees en nie jou liggaam gebruik nie, word dit soos ’n prent of ’n voorstelling, nie iets waarin jy werklik deel het nie.” - Olafur Eliasson
Olafur Eliasson (1967-) Eliasson is in 1967 in Kopenhagen gebore aan Yslandiese ouers. Hy het ’n studiebeurs van die Royal Danish Academy of Arts ontvang en het dit gebruik om New York toe te gaan, waar hy as ’n ateljee-assistant gewerk het. Nadat hy sy graad in 1995 ontvang het, het hy begin saamwerk met die argitek en geometrie-deskundige Einar Thorstein in die skepping van denkbeeldige omgewings. Hy het uiteindelik sy eie ateljee in Berlyn gevestig, wat soos ’n laboratorium vir ruimtelike navorsing is. Argitekte, ingenieurs, handwerkmense en assistente werk saam met Eliasson om sy projekte te konseptualiseer, te toets, te vorm en te konstrueer. Hy gebruik dikwels natuurlike elemente soos lig, water, vuur en hout in kombinasie om buitemuurse omstandighede in ’n galery te herskep. Sy werke kan nie verkoop word nie en kan slegs bewaar word deur beskrywings en foto’s.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
voortplantingsmag sonder om die rasse-, sosio- politieke en kulturele verskille in ag te neem.
Ten spyte van die kritiek is Te Dinner Party nou ’n permanente installasie in die Brooklyn Museum se eie galery. Dit verleen aan die museum ’n aura van ’n groot gebeutenis wat, saam met die dramatiese donkerte wat die verligte tafel omring, aandag vestig op hierdie werk as ’n tydelike stelling oor die uitsluiting van die vroulike geskiedenis in die Westerse samelewing. Hoewel baie vroue van belang uitgesluit is, bevraagteken hierdie werk ook hoe dit moontlik sal wees om die siklus van uitsluiting te stop en hoe om alle vroue van die wêreld as ’n beduidende deel van wêreldgeskiedenis in te sluit.
’N BLIK OP DIE GEDEKTE PLEK VIR DIE BRITSE SKRYWER, VIRGINIA
WOOLF. IN HAAR WERK BESPREEK SY KWESSIES EN VOOROORDELE OOR VROUE SE SKRYFWERK IN DIE WESTERSE WÊRELD.