FRANK GEHRY, THE RASIN BUILDING (OOK BEKEND AS ‘THE DANCING BUILDING’ OF ‘FRED EN GINGER’) PRAAG, 1996
FRANK GEHRY
Gehry is ’n bekroonde Kanadees-Amerikaanse argitek.
Hierdie kunsmuseum is een van verskeie kunsmuseums wat aan die Solomon R. Guggenheim Stigting behoort. Dit is langs die Nervion-rivier gebou in die Baskiese stad Bilbao. Hierdie is ’n uiters dramatiese gebou wat voorkom of dit uit ’n massa asimetriese vorms bestaan wat lyk of dit besig is om inmekaar te stort. Dit is ’n versameling boublokke wat aaneen gevoeg is en wat uit ’n gallery, ’n ouditorium, ’n restaurant, ’n museumwinkel en administratiewe kantore bestaan. Gehry het ’n jukstaposisie van gefragmenteerde volumes voorgestel wat rondom ’n sentrale as draai. Die atrium lyk soos ’n yslike metaalblom en verenig die hele komposisie. Die ligging was ’n vername faktor van inspirasie vir die ontwerp. Die ligging word deursny deur die La Salva-brug, wat een van die ingange na Bilbao is. Die Guggenheim Museum in Bilbao integreer die stad se waterfront met sy historiese en besigheidsdistrikte. Aangesien dit in ’n hawestad geleë is, is die bedoeling dat dit soos ’n skip lyk. Dit is briljant
FRANK GEHRY, DIE WALT DISNEY KONSERTSAAL, LOS ANGELES, VSA, 2003.
weerkaatsend en bestaan uit titaniumpanele wat soos visskubbe lyk wat die ander organiese lewe, byvoorbeeld visse, weerspieël, asook die rivier waarop die museum geleë is. Vir die Guggenheim Museum in Bilbao het Gehry eers met ’n reeks modelle uit karton en hout gewerk wat hom toegelaat het om die vorms waaruit ’n gebou bestaan, te manipuleer en te verfyn. Later is CATIA (Rekenaargesteunde Drie dimensionele Interaktiewe Applikasie), ’n rekenaarmodelleringstelsel, gebruik om die vorms te verken en aan te teken. Die vernaamste materiale wat gebruik is vir die galerygeboue is steen en titanium, ’n metaal wat soortgelyk is aan vlekvrye staal. Klip is gebruik vir die reghoekige vorms en titanium vir die ongewone vertrekke. Die kalksteen en die titaniumbedekte interieur verleen ’n ruimte- eeuse karakter aan die gebou.
Reaksie teen Dekonstruktivisme Sommige kritici beskou dit as ’n suiwer kreatiewe oefening met min sosiale betekenis. Dit neem ’n elitistiese vorm aan en is verwyder van gewone mense.