as die oudste biënnale, is die Venesiaanse Biënnale ook die bekendste. Dit is byna soos die Olimpiese spele van die kunswêreld, en verwelkom soveel lande as moontlik. Dit het 30 permanente pawiljoene waar lande wat nog altyd betrokke was, uitstal. Elke land moet besluit hoe hulle hul uitstallings vir hulself gaan bestuur en hanteer. Dit word beskou as ’n vertoonkas vir kontemporêre kuns wat verteen- woordigend is van wat op die kunstoneel in elke land plaasvind.
Die Kassel Documenta is ’n ander belangrike interna- sionale kunsgebeurtenis wat elke vyf jaar in Kassel, Duits- land gehou word. Moderne kontemporêre kuns word uitgestal en die Documenta word beperk tot ’n uitstalge- beurtenis van 100 dae. Elke uitstalling word herskep wanneer ’n nuwe direkteur gekies word. Die uitstallings word gewoonlik rondom ’n tema georganiseer en die manier waarop dit uitgestal is, is liggingspesifiek.
STALLETJIES OM KUNSWERKE UIT TE STAL BY DIE BASEL KUNSFEES.
Die doel van ’n kunsfees is hoofsaaklik kommersieel. ’n goeie voorbeeld van ’n groot kunsfees is die Art Basel, wat in switserland gehou word, wat saamval met die Venesiaanse Biënnale. in suid-afrika het die Joburg Kunsfees ’n jaarlikse geleentheid geword wat in sy vierde bestaansjaar is. Kunsgalerye word genooi om die werke van kunstenaars uit te stal wat gereeld by hulle tentoonstel en wie se werk die opwindendste kontemporêre kuns verteenwoordig. Hierdie gebeurtenis word ondersteun deur kunsversamelaars, kunshandelaars, kurators en galery-eienaars wat kunsfeeste bywoon om kunswerke te koop.
REKLAMEBORD WAT DIE JOBURG KUNSFEES ADVERTEER
Mense woon ook kunsfeeste soos biënnale by om na kuns te kyk en om meer te leer oor wat aangaan in kontemporêre kuns. sommige kunsfeeste organiseer klein konferensies waar belanghebbendes in die kunswêreld ’n verskeidenheid kwessies oor kuns bespreek. Werkswinkels en kunskompetisies word dikwels gekoppel met kunsfeeste en biënnale.