Hierdie gebou wat volgens die Modernistiese styl opgerig is, is ’n toringvormige kantoorblok met ’n ondergrondse parkeerterrein en ’n laegeboublok wat gebruik kan word vir openbare betrekkinge en opvoedkundige doeleindes. Die hele buitefasade van die gebou bestaan uit ’n voorafgegote aggregaat met suil- en balkvoering. Die aggregaat is donkergrys leiklip van Malmesbury wat gekies is om die kleur van Tafelberg te weerspieël en om verkleuring te weerstaan weens weers- en ander omgewingsfaktore. Aan elke kant van die gebou is daar twee grenssuil, in totaal agt kolomme, wat saam met die sentrale dienskern 28 vloere ondersteun. Die plasing van hierdie kolomme is buite die vensters geleë, wat beteken dat die interieur van die kantore en die kelder-parkeerarea nie deur strukturele ondersteuning onderbreek word nie. Die kern van die gebou is die ingangsportaal, asook die hysbakportale en die hysbakke self, wat met vlekvrye staal bedek is. Alle materiale is gekies vanweë hulle duursaamheid en maklike instandhouding. Plafonne is gemaak van vuurbestande akoestiese teëls. Sorg is ook gegee aan die toekomsbeplanning van kantoorspasie, wat dit aanpasbaar maak en die allernuutste verkoelingstelsel is ingesluit. Plante is bygevoeg om te help om geraasvlakke te laat afneem.
REVEL FOX, DIE BP-SENTRUM (NOU DIE LG-GEBOU), THIBAULT-PLEIN, KAAPSTAD. 1972
Omgewingsfaktore is in ag geneem in die posisionering van die gebou omdat dit teen 45 grade in vergelyking met die res van die ander geboue geplaas is. Hierdie oriëntasie het die hoeveelheid son op die fasades verminder, wat die gebruik van die lugverkoelingstelsel verminder het. Voorafgegote vertikale skerms is ook geïnstalleer om die inwoners teen direkte son te beskerm, maar om steeds die weerkaatsende lig van die son vir beligtingsdoeleindes te gebruik terwyl die vloei van lug nie onderbreek sou word nie. Die plasing gee ook vir die werkers ’n uitsig op Tafelberg of die hawe eerder as om in die
omringende geboue te vas te kyk. Die dramatiese ingang van die toringblok is ‘n skakelbrug aan die lae gebou verbind. Die ingang is ingesluit in ’n raamlose glasdrom wat van ’n staalring af hang wat aan die onderkant van die struktuur geheg is. Die gebou se posisie op Thibault-plein is ook voordelig omdat dit toelaat dat die gebou van alle rigtings genader kan word. Dit moedig die vloei van voetgangers rondom die gebou en deur die arkade tussen die toringblok en die lae gebou gebou aan. Tipies van Modernisme is geen versierings by die voorkoms van die gebou gevoeg nie.