Jean-Louis André Téodore Géricault (26 September 1791 – 26 Januarie 1824) het een van die pioniers van die Franse Romantisisme geword. Hy is jonk oorlede.
Hierdie skildery was verskriklik belangrik as ’n simbool van Romantisisme in kuns. Op die vlot was oorlewendes van ’n Franse vlootskip wat gesink het op pad na Wes-Afrika in 1816. Die kaptein en senior offisiere het die reddingsbote geneem en het ’n noodvlot vir die 150 passasiers en bemanning gegee. Na die 13 dae wat hulle op die Atlantiese Oseaan gedryf het, het net 13 mense oorleef. Die tema van hierdie werk is die dood wat ondervind word in die verskriklikste toestande denkbaar. Angs en marteling word lank uitgerek, sonder edelheid of privaatheid. Die drama word in die fisiese besonderhede uitgedruk. Kleur word vermy, aangesien dit te onbeduidend en te vrolik vir so ’n toneel is. Daar is geen spasie vir die kyker om van die impak van daardie rowwe driehoek van die vlot te ontsnap nie. Dit is ’n tragiese konfrontasie tussen die mens en die natuur. Die komposisie lei tot ’n piramidiese golf van gepynigde figure, wat hoër as die dreigende see styg en wat sy hoogtepunt bereik in twee mans wat hulle klere teen die agtergrond van die wolke waai.
WIE WAS DELACROIX?
““Delacroix was passievol verlief op passie, maar was ongevoelig vasbeslote om sy passie so duidelik as moontlik uit te beeld.” – Charles Baudelaire
Eugène Delacroix (26 April 1798 – 13 Augustus 1863) was ’n leier van Franse Romantisisme. Hy is bekend vir sy ekspressiewe kwashale en sy studie van die optiese effekte van kleur wat die werk van die Impressioniste gevorm het. Hy het dramatiese temas gebruik en het na Noord-Afrika gereis op soek na die eksotiese.
Delacroix was die perfekte voorbeeld van ’n Romantieke skilder – afgesonder, buierig, onuitputlik verbeeldingryk en uiters emosioneel. Sy skilderstyl is beïnvloed deur Constable se Te Haywain. Tydens die Julie-Revolusie van 1830 in Frankryk, het Delacroix besluit om “vir my land te skilder”. Vryheid word uitgebeeld as ’n majestieuse vrou met die vlag en die geweer, wat die mense teen die koning se soldate lei. Die brawe mense van Parys, soos die straatseun met sy pistole, die werker met sy swaard en die intellektueel met sy pluiskuil, omring haar. Die Notre Dame is sigbaar in die agtergrond. Die dooie figure op die voorgrond vorm die basis van die driehoekige komposisie. Die Franse Romantisisme het ’n identiteit gekry met Delacroix se klem op gewelddadige beweging, intense emosie, vrye kwashale en gebruik van kleur. Delacroix het ’n geweldige invloed op die Impressioniste gehad met die verrykende kwaliteit van komplementêre kleure en die verbanning van swart uit sy palet
deur skakerings van pers en groen as skaduwees te gebruik. Delacroix was ’n ware Romantieke kunstenaar met sy eksotiese onderwerpe, helder kleure en uitdrukking van emosies. Sy helder en pragtige kleure het kunstenaars rondom hom geïnspireer. Hy illustreer “draaiende” emosies in sy werk, soos die dood, pyn, liefde, lewe of ’n geveg.
“Ons kleur slegs in met die kwas, net die verbeelding verskaf ware kleur.””
– Theodore Gericault
THEODORE GERICAULT, THE RAFT OF MEDUSA, 1818 – 1819. OLIE OP DOEK
EUGENE DELACROIX, LIBERTY LEADING THE PEOPLE, 1830. OLIE OP DOEK