• Balans is die eweredige verspreiding van motiewe of ontwerpselemente. Die werk moet visueel gebalanseerd wees.
• Wat skep die balans in die komposisie? • Is die balans simmetries – wanneer iets aan een kant van die vertikale as presies dieselfde lyk aan die ander kant. Simmetriese balans word meer dikwels in argitektuur en beeldhouwerk as in skilderwerk gebruik.
• Is die balans assimetries? Balans word bereik met ongelyke voorwerpe wat dieselfde visuele gewig of gelyke visuele aantrekking het.
• Wanbalans kan deur kunstenaars gebruik word vir effek om ’n gevoel van onrustighied en selfs beweging te skep.
RITME
• Hierdie konsep verwys na die beweging van die kyker se oog oor die oppervlak van ’n beeld, die bewusword van herhalende motiewe, wat die herhaling wat inherent in die idee van ritme is, verskaf.
• Ritme word geskep deur herhaling en skep ’n sin van beweging. ATMOSFEER
Watter gevoel skep die werk, bv. is dit warm en vol of leeg en depressief? Atmosfeer word oorgedra deur hoe die elemente, bv. kleur, gebruik word. (Onthou om te konsentreer op die hoofelemente en beginsels van ’n kunswerk.)