Jean Auguste Dominique Ingres (29 Augustus 1780 – 14 Januarie 1867) was die opvolger van David se styl in die 19de eeu. Hy het die verlede uiters hoog geag en was ’n bewaker van akadamesie konvensie teen die stygende Romantisisme wat deur sy aartsvyand Delacroix uitgebeeld is.
“Tekenkuns sluit drie en ’n half kwarte van die inhoud van skilderkuns in... Tekenkuns bevat alles, behalwe die kleur.” - Jean Auguste Ingres
JEAN AUGUSTE INGRES, THE GRAND ODALISQUE, 1814. OLIE OP DOEK
Ingres was tydens die 19de eeu die opvolger van David se styl met sy presiese, koue werke. Die Grand Odalisque beeld ’n vrou in ’n Turkse harem uit wat omring word deur luukse bykomstighede. Alhoewel Ingres nooit verder as Frankryk en Italië gereis het nie, is sy opgemaakte oriëntalisme
reisliteratuur, internasionale tentoonstellings en die Napoleontiese veldtogte in Egipte en Sirië.
IN DIE 1970’S IS DIE GRAND ODALISQUE UITGESONDER IN ’N BEKENDE PLAKKAAT DEUR DIE AKTIVISTIESE FEMINISTIESE GROEP, DIE GUERILLA GIRLS, WAT ’N GORILLA SE KOP OP HAAR GEPLAAS HET OM BESWAAR TE MAAK TEEN DIE METRO- POLITAN MUSEUM WAT TE VEEL NAAKSKILDERYE VAN VROUE TEN TOON STEL EN NIE GENOEG WERKE VAN VROUEKUNSTENAARS UIT- STAL NIE.
gevorm deur wydverspreide
Die naakte Oosterse slavin kyk direk na die kyker oor haar skouer. Baie van haar oorvloedige tierlantyntjies is as hoogmode in Europese howe beskou. Al sou die eksotiese onderwerp ook deur die Romantieke byval gevind het, plaas Ingres se hantering van egalige oppervlaktes, duidelik gedefinieerde vorms en sy beklemtoning van presiese tekenkuns hom stewig in die beweging van Neo-Klassisme.
WOORDELYS
’n ODALISK was ’n vrou wat ’n slaaf of ’n byvrou was in ’n Turkse harem (die aparte, private leefareas vir vroue – getroude vroue en byvroue.) ORIËNTALISME is ’n term vir die namaking en uitbeelding van Oosterse kulture in die Weste.
EKSOTIES is iets wat treffend anders en vreemd is. Dit verwys dikwels na afgeleë lande en onbekende kulture. Dit is anders en ongewoon.