J.H. Pierneef was die seun van ’n Hollandse bouer wat in Pretoria gewoon het en met ’n Afrikaanse vrou getrou het. Nadat hy Suid-Afrika saam met sy familie verlaat het toe die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het, het Pierneef aan die Rotterdam Akademie studeer en die geleentheid gehad om ’n wye verskeidenheid kunswerke te sien. In 1902 het die familie teruggekeer Suid-Afrika toe. Pierneef het Europa weer in 1925 besoek. Tydens die besoek het die ligeffekte en kleurgebruik van die Impressioniste en die Post-Impressioniste hom beïndruk. Hy was ook intens beïnvloed deur die kunstenaar Willem van Konijnenburg, wat sy teorieë oor wiskundige proporsie, liniêre ritme en vereenvoudigde vorm saamgevoeg het. Pierneef het eksperimenteer met die gebruik van geometriese vorms en struktuurkomposisies eksperimenteer. Hoewel hy ook eksperimenteer het met Impressionistiese tegnieke en kleur, was sy primêre belangstelling om kunswerke te skep wat groot orde en harmonie uitgedruk het.
In werke soos Study in Blue gebruik Pierneef die formele benadering wat die logika van komposisie oordra. Hy het nie slegs die komposisie geom- etries verdeel nie, maar het ook die vorms in die landskap vertaal in ’n stelsel van verwante reghoeke, drie- hoeke en sirkels. Hierdie geometriese interpretasie is verder vereenvoudig deur sy gebruik van ’n verminderde verskeidenheid kleure. Die stilering in hierdie werke is nie aan Kubisme verwant nie. Dit is geformaliseerde, dekoratiewe interpretasies van die landskap.
PIERNEEF, STUDY IN BLUE, 1928. OLIE
Van sy latere werke is die reeks van 32 muurskilderye wat die regering hom opdrag gegee het om vir die Johannesburgse Spoorwegstasie te doen. ’n Uitbeelding van die invloede van die vroeëre eksperimentasie. In hierdie groep werke was hy beperk in terme van grootte, formaat en kleurskemas weens die plasing van die werk in ’n publieke omgewing. Hy het elke komposisie beplan volgens die beginsels van komposisionele ontwerp, harmonie en balans. Een van hierdie skilderye is Te Kloof, Rustenburg. Hierdie gewilde ontspanningsoord is ook een van die oudste dorpe in die ou Transvaal en dit speel daarom ’n belangrike rol in die provinsie se geskiedenis. Die Kloof was ook ’n belangrike landskap vir Pierneef, wat baie skilderye daarvan gemaak het. Die kuns van ordelike ontwerp word nie onmiddellik onthul in hierdie weergawe van die Kloof nie.