Der Blaue Reiter, 1911 – 1914. München “Uitdrukking van die spirituele in kuns”
AGTERGROND
Der Blaue Reiter was ’n vereniging van kunstenaars wat in 1911 in München gestig is deur Kandinsky en Marc. Hulle het ’n almanak van hulle essays en illustrasies gepubliseer om hulle illustrasies te verduidelik. Hulle het die naam uitgedink omdat hulle albei van blou gehou het, Marc het van perde gehou en Kandinsky het van ruiters gehou. Op die omslag van hierdie publikasie was ’n semi-abstrakte tekening van ’n ruiter in swart en blou. Hulle doelwit was die uitdrukking van innerlike spiritualiteit deur ’n verskeidenheid vorms te gebruik.
Die groep het tot ’n einde gekom met die dood van Marc en Macke tydens die Eerste Wêreldoorlog. Waar Die Brücke die suiwerste vorm van Duitse Ekspressionisme was, was Der Blaue Reiter meer internasionaal en die belangrikste manifestasie van modernisme in Duitsland voor 1914.
Kunstenaars het Wassily Kandinsky, Franz Marc en August Macke ingesluit.
Kenmerke van Der Blaue Reiter
• Hulle het in ‘n kuns geglo wat hulle innerlike en spirituele lewe uitgebeeld het.
• Hulle het aan eksperimentering geglo.
Temas • Liries, romanties, spiritueel en soms abstrak. • Hulle wou uitdrukking gee aan wat Kandinsky die “innerlike noodsaaklikheid” genoem het.
• Daar was geen werklike sosiale kommentaar nie.
Kleur • Hulle het met die emosionele gebruik van kleur eksperimenteer en het somber kleure uitgesluit.
Vorm • Hulle het eksperimenteer met vorms en verwronge vorms om emosie uit te druk.
Kwaswerk •
’n
’n Verskeidenheid kwashale is gebruik met ’n klem op die proses van skilder.
• Lyne wat deur kwashale geskep is, was belangrik as
uitdrukking van die kunstenaar se FRANZ MARC, BLUE HORSE, 1911. OLIE OP DOEK VISUELE KUNSTE GRAAD 11 persoonlikheid.
• Der Blaue Reiter was meer internasionaal, bv. Marc is beïnvloed deur Kubisme.
• Alhoewel klem ook geplaas is op emosie, was hulle werk meer beplan as die werk van Die Brücke.