Binne die konteks van kunsgeskiedenis herinner die installasie aan een van Carl Andre se Minima- listiese installasies waar bakstene gebruik is om die kyker bewus te maak van die ondervinding van die mees basiese kunselemente soos vorm, ruimte, komposisie en die medium. In vergelyking hiermee, is Greers se werk die teenoorgestelde in terme van komposisie en die ondervinding van drie dimen- sionele ruimte. Kykers kan deur die installasie beweeg, en verby die hangende bakstene loop. Dit is hierdie nabyheid van die brose kop teenoor die swaar bakstene wat stil afhang wat blatant kontrasteer met die gewelddadige konteks waarin Greer hierdie werk geskep het.
Bakstene het al in 1988 in Greer se werk verskyn. Vir ’n opvoeringstuk het hy ’n baksteen deur die venster van ’n galery gegooi waar hy sou uitstal. Die gebreekte venster, stukkende glas en effens beskadigde baksteen was die gevolglike uitstalling, wat Title Withheld (Brick) genoem is. Bakstene het ’n politieke simbool en kulturele wapen geword wat gedreig het om die vrede van apatiese wit Suid-Afrikaners te ontwrig wat, soos Greers se familie, slegs met hulle daaglikse lewens wou voortgaan, onver- steurd. Hulle sou hul jaarlikse somervakansie aan die kus hou waar hulle beskerm sou word deur enige oortreding van die wet deur die “Slegs Blankes”-tekens en deur die oormag polisie wat ontplooi is om hulle te beskerm.
KENDELL GEERS. TITLE WITHELD (BRICK). 1998. OPVOERING / INSTALLASIE
MAN WAT DEUR DIE INSTALLASIE HANGING PIECE BY DIE BASEL KUNSFEES IN 2011 STAP.
Die installasie Hanging Piece is onlangs weer uitgestal. Hoewel dit baie jare na die wetlik verkose demokratiese bestel is, bly die geskiedenis van die werk se konteks re- levant vir Suid-Afrikaners, maar vir Greers het die idee agter die kunswerk ontwikkel in ’n meer globale stelling. ’n Voorwerp wat uit klei en bakstene gemaak is, verwys na die mees basiese deel van die aarde en die middel waaruit alle mense geskape is, volgens die By- bel. ’n Beduidende effek van die ondervinding van hierdie installasie is dat ’n kyker wat daar- deur stap daartoe kan lei dat sommige van die gehangde bakstene kan begin swaai as hy / sy daarteen stamp, wat dan ’n impak op ander mense sal hê indien hulle getref word. Hierdie rimpeleffek is verwant aan nog ’n omstrede kwessie, naamlik, ons houding oor die toe- stand van die planeet wat onder druk is weens jare van uitbuitende gewoontes.