DIE EERSTE LGBT (LESBIËR, GAY, BISEKSUELE EN TRANSSEKSUELE) ‘PRIDE’ OPTOGTE IS OP 28 JUNIE 1970 GEHOU. OORSPRONKLIK BEKEND AS DIE CHRISTOPHER STREET LIBERATION DAY IS DIE OPTOGTE GEHOU OM DIE EERSTE HERDENKING VAN DIE STONEWALL-OPROERE TE HERDENK – ’N GEWELDDADIGE KRAGMETING TUSSEN NEW YORKSE POLISIELEDE EN GAY MENSE BY DIE STONEWALL-KROEG IN CHRISTOPHERSTRAAT. ELKE JAAR HET DIE STONEWALL-BETOGERS IN MEER STEDE GEVRA VIR “GAYMAG” EN “GAY-VRYHEID”, EN HULLE POLITIEKE EN BEWUSTHEIDPROSESSE HET ’N KLEIN HERVORMINGSBEWEGING VEROORSAAK IN ’N GRONDVLAK, GAYBEVRYDINGSKRUISTOG.
BETOGERS OP “INTERSTATE 5” IN 1970. DUISENDE MENSE HET OP I-5 TOEGESAK OP PAD NA ANTI-OORLOGBETOGINGS IN DIE MIDDESTAD VAN SEATTLE. IN HIERDIE FOTO WAG 30 POLISIEMANNE IN OPROERDRAG DIE SKARE IN. DIE
RIGTING VAN DIE OPMARS IS VERANDER, MAAR DIE VOLGENDE DAG HET NOG 10 000 MENSE NA DIE HOOFWEG TOE TERUGGEKEER OM TE BETOOG.
Invloede op Nuwe Media Die konstante bevraagtekening van algemeen aanvaarde estetiese standaarde, die waarde wat instellings aan sekere kunswerke heg, die finansiële ondersteuning en die kunsgehoor het in die laat 19de eeu met kunstenaars soos Manet begin. Hierdie houding van selfkritiek en selfbesinning is aangemoedig deur Konteptuele Kuns en verwante kunsvorms, Installasiekuns, Vertoonkuns, Lyfkuns asook Video- en Digitale Kuns.
Die Kubiste se voorstelling van ’n verskeidenheid standpunte in hulle skilderye kan beskou word as een van die eerste pogings om die besigtigingsondervinding van kuns te verander. Die bewustheid en klem op die ondervinding van die kyker het gelei tot die ontwikkeling van installasiekuns.
Deur ready-mades en samestellings as kuns uit te stal het die Dadaïs Duchamp en sommige van die later Surrealiste die tradisionele waardes wat geheg is aan die tegniese vaardigheid om ’n kunswerk te skep, die belangrikheid van die kunstenaar as die skepper, die finale produk as ’n esteties bevredigende voorwerp, die rol van die kyker van die kunswerk en die herverkoopwaarde van die kunswerk uitgedaag. Kykers was ook uitgedaag omdat dit die funksie en betekenis van die galery of museum as uitstalspasie vir kuns bevraagteken het. Hierdie invloede is belangrik in die ontwikkeling van alle Nuwe Media-kunsvorms.
DIE INSTALLASIE-UITSIG VAN DIE EXPOSITION INTERNASIONAL DU SURREALISM EROS, PARYS, 1959. HIERDIE INSTALLASIE IS
GEKONSEPTUALISEER DEUR DUCHAMP WAT DIE MURE BEDEK HET MET PIENK EN GROEN FLUWEEL OM DIE GALERY ’N EKSPLISIETE LYFLIKE GEVOEL TE GEE WAT DIE EROTISISME VAN DIE UITSTALLING SOU BENADRUK.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11 PICASSO, PORTRAIT OF DANIEL HENRY KAHNWEILER, 1910. OLIE