In die werk High Noon: Enoch and Langenhoven word die proses om die boodskap te ontleed wat deur Barker uitgedruk word, soortgelyk daaraan om uitgrawings by ’n argeologiese terrein te doen. Hy kyk na die betekenis van beelde, voorwerpe en woorde vir die onderskeie rassegroepe, asook om hulle te verbind met kontemporêre samelewing en kultuur. Die Pierneef-skildery in die agtergrond van hierdie werk is van Mount-Aux-Sources, die hoogste punt van die Drakensberg soos gesien vanaf Lesotho. Hierdie skildery is verteenwoordigend van Suid-Afrika se imperialistiese geneigdhede, aangesien daar aangeneem is dat Lesotho binnekort in die Unie van Suid-Afrika ingesluit sou wees. Bo-oor die kopie van Pierneef se weergawe van hierdie ongelooflike landskap het Barker die kaart van Lesotho omlyn met drie dik rooi lyne en rondom dit is ’n getekstureerde rooi oppervlakke wat soos ’n bloedvlek lyk. Binne hierdie landskap deur Pierneef het hy rooierige, strukturele lyne ingesluit wat herinner aan die lyne wat Pierneef gebruik het tydens die beplanning van die geometries gebalanseerde komposisies vir die landskapsilderye vir die Johannesburg Stasie. Barker se komposisie word gebalanseer deur twee ovaal, monochromatiese skilderye aan die regter- en linkerkante van die vierkantige formaat.
Aan die linkerkant het hy ’n portret van Enoch Sontonga, skrywer van “Nkosi Sikelel i’ Afrika”, uitgebeeld en aan die regterkant een van C.J. Langenhoven, outeur van “Die Stem”. Bo hulle, in die middel, word die woord dual in blou neonbuise gesuperponeer. Onder die woord is ’n tipiese geweer wat deur Amerikaanse sheriffs en misdadigers in die Amerikaanse grensgebied gebruik is. Dit wys afwaarts en is bo-op die skildery geplaas. Die geweer wys na ’n wekker wat vasgehaak het op vyf minute voor twaalf. Dis bo-op iets geplaas wat soos ’n Bybel lyk op ’n klein rak wat vasgheg is aan die skildery. Die verwysing na die Amerikaanse klassieke rolprent High Noon in die titel van die werk, dui op die stryd tussen goed en kwaad wat dreig om binne ’n paar minute plaas te vind. Die feit dat Lesotho in die agtergrond van hierdie tweestryd is, kan verwys na die gebeure wat na Suid-Afrika se apartheidsverlede plaasgevind het. Die Suid- Afrikaanse Weermag het in 1998 gehelp om vrede te herstel namens die SAOG nadat protesaksie gedreig het om die nuut verkose regering omver te werp. In hierdie konteks kon Suid-Afrika as ’n
regverdige sheriff beskou word. ’n Ander aspek van die woordspeling in die titel is die ‘tweegeveg’ van die twee skrywers wie se poëtiese eulogieë van patriotisme die stryd tussen en die verdeling van rassegroepe in Suid-Afrika uitbeeld. Die huidige situasie is teweeg gebring deur uiteindelike pogings tot ’n kompromie in 1994, toe ’n demokratiese regering gevestig is en die twee liedere in ’n nuwe volkslied te gekombineer het.
Barker se keuse van gewilde ikone wat in gelaagde multimedia-kunswerke gekombineer is, is uitlokkende kommentaar oor ’n samelewing wat sukkel om vrede te maak met sy geskiedenis.
WAYNE BARKER. START DREAMING. 2007. GEMENGDE MEDIA EN NEON
WAYNE BARKER. COLOUR COUNTRY. 2010. GE- MENGDE MEDIA EN NEONBUISE OP DOEK