Hierdie toonaangewende Post-Moderne argitek, wat opgelei is as ’n Modernis, het gesê dat Rome hom argitektuur geleer het. In sy menslike argitektuur verwys hy grotendeels na die klassieke. Hierdie hermetiese 15-verdiepinggebou herinner ons effens aan ’n Mastaba (oud-Egiptiese graf) en sluit verskeie klassieke motiewe in soos rosette en muurpilare wat sewe verdiepings hoog is. Die massiewe vorm en die verskriklike klein vensters skep ’n amper ontstellende kontras. Die gebou is in verskillende kleure geverf wat op ’n emosionele vlak by mense aanklank vind. Hierdie sterk gebou met klein vensters verwys na Renaissance-geboue.
MICHAEL GRAVES, PUBLIC SERVICES GEBOU, PORTLAND, OREGON, 1982
CHARLES MOORE – PIAZZA D’ITALIA, NEW ORLEANS, 1976 – 8
Hierdie piazza (’n stadsplein) is ontwerp vir die Italiaanse gemeenskap van New Orleans. In hierdie werk is al die klassieke ordes teenwoordig, party met spelerige veranderinge. Die groewe van die suile word beklemtoon deur waterfonteine, watervalle uit metoop, suile het neonbande rondom hulle “nekke” gekry en sommige suile bestaan uit vlekvrye staal. Moore meng die klassieke met meer banale bronne, bv. die gebruik van neon om sekere strukturele dele te omraam. Die vloer van die piazza stel ’n kaart van Italië ten toon met Sicilië in die middel omdat Sisiliane die projek geborg het.