M Massa: stel gewig, digtheid of drie-dimensionele vorm of voorwerp of area voor.
Medium (meervoud is media): Verwys na die materiaal wat gebruik word tydens die maak van ’n kunswerk. (Dit kan ook verwys na die vloeistofbestandeel van ’n verf, bv. water, lynsaad, olie, ens.)
Mensgemaakte voorwerpe: Enige voorwerp wat deur mense vervaardig is; kan handgemaak of massavervaardig deur masjiene wees.
Merkskepping: spontane skepping van merke op ’n oppervlakte met die gebruik van enige materiale; verteenwoordig niks konkreet nie; verskillende tekenmateriale en aanwendingmetodes sal tot verskillende teksture, liniêre en visuele voorkoms of kwaliteite lei.
Metodologie: Die manier waarop ’n idee of probleem benader word; verwys ook na die korekte of
Mexikaanse Muurskilder: Hierdie term beskryf die grootskaalse gebruik van muurskilder in Mexiko in die 1920’s en 1930’s. Die vernaamste kunstenaars was Diego rivera, José Clemente Orozco en David siqueiros (‘The Three great Ones’). Hulle was almal toegewy aan linkse idees tydens ’n polities ontstuimige tydperk in Mexiko. Hulle grootskaalse muurskilderye op publieke geboue is geskilder om sosiale en politieke boodskappe aan die publiek oor te dra.
Middelgrond: Deel van byvoorbeeld ’n beeld (2D) wat tussen die voorgrond en die agtergrond is. Min deurweek: Kleure wat geen helderheid het nie; dowwe kleure; min regte kleur bly oor.
Minder is meer is vervelig: Venturi se verklaring oor Post-Modernistiese argitektuur wat eklektiese bronne en versiering gebruik om die rykheid en dubbelsinnigheid van die moderne lewe voor te stel, in teenstelling met die eenvoud en duidelikheid van Modernistiese argitektuur.
Minder is meer: Mies van der rohe se stelling wat gebruik is in Modernistiese argitektuur waar absolute eenvoud meer sê as ingewikkelde versiering. ’n gebou moet uit so min materiale as moont- lik gemaak word, byvoobeeld slegs glas, staal en versterkte beton.
Minifiseer: Om iets kleiner te maak.
Minimalisme: Primêre strukture of aBC arT is ’n beweging wat wou hê het kuns moes onafhanklik staan en nie as ’n weergawe van iets anders nie. Die kunswerke wat gemaak is as deel van hierdie be- weging is abstrak en oor die algemeen gebaseer op eenvoudige geometriese vorms. Hulle het indus- triële materiale gebruik om hulle werke te skep en wou hê dat die kyker meer bewus moes wees van die mees basiese aspekte van kuns, soos orde, harmonie en eenvoud.
Mobiel: ’n Tipe hangende kinetiese beeldhouwerk, waarvan die dele onafhanklik beweeg. gewoonlik word beweging geaktiveer deur of die gebruik van lugstrome, bv. Calder.
Modellering: in skilder en teken is dit die uitbeelding van drie-dimensionele vorms, gewoonlik deur aanduidings van lig en skaduwee. in beeldhouwerk is dit wanneer ’n vorm geskep word deur ’n sagte medium soos klei te manipuleer.