Paul Gauguin is in Parys gebore. Na ’n avontuurlike vroeë lewe, insluitend vier jaar se verblyf in Peru met sy gesin en ’n kort loopbaan in die Franse handelsvloot, het hy ’n suksesvolle Paryse aandelemakelaar geword, en het hy ’n gemaklike bourgeoise bestaan met sy vrou Mette en hulle vyf kinders gevoer. Nadat hy Pisarro ontmoet het en die Impressioniste se werke gesien het, het hy ’n kunsversamelaar en ’n amateurskilder geword. Na ’n suksesvolle besigheidsloopbaan van 11 jaar, het hy alles prysgegee om homself aan kuns te wy. Sy vrou het na haar familie teruggekeer en Gauguin het alleen in Parys gewoon, in armoede, siek en dikwels ongelukkig.
In 1886 het Gauguin na Pont-Aven in Bretagne gegaan, waar hy onder die invloed van Emile Bernard Impressionisme verwerp het en die styl waarna hy as Sintetisme verwys het, aangeneem het. Hy het later besluit om na die Martinique-eilande toe te gaan, maar weens ’n gebrek aan geld het hy net tot by Panama gevorder. Hy het as ’n arbeider aan die Panama- kanaal gewerk om geld te verdien om sy reis voort te sit. In 1888 het hy teruggekeer na Parys toe en het later by Van Gogh in Arles aangesluit.
In 1891, vernietig en in die skuld, het Gauguin na die Polinesiese eilande ge- seil om te ontsnap van die Europese samelewing en “alles wat kunsmatig en konvensioneel is”. Gauguin was van mening dat die beskaafde samelewing siek was en besig was om dood te gaan. Hy het gehoop om artistieke vernu- wing te vind deur saam met die mense van ’n “primitiewe” kultuur te leef. Behalwe vir sy een besoek aan Frankryk, het hy vir die res van sy lewe op die Suidsee-eilande gebly, eers in Tahiti en later op die Marquesas-eilande. Die “paradys” waarna Gauguin gesoek het op die Polinesiese Eilande is nie goed ontvang deur die plaaslike owerhede nie en Gauguin het baie konflik met hulle gehad. In Polinesië het hy die kant van die inheemse mense gekies, en het dikwels slaags geraak met die koloniale owerhede en met die Katolieke Kerk. Die werklikheid van die koloniale lewe in Tahiti was ongetwyfeld ’n teleurstelling vir Gauguin. Hy was op soek na die primitiewe ideaal. Hy het sy laaste jare siek en in armoede deurgebring, en hy is in 1903 oorlede.
Invloede • Gauguin is in sy vroeë werk deur Impressionisme beïnvloed. • Gauguin het altyd na eksotiese plekke gesoek. Hy het die leefstyl en kuns van nie-Westerse samelewings verkies, omdat hierdie “primitiewe” ei- lande se kulture volgens hom nie “besmet” was met Westerse idees en waardes nie.
WOORDESKAT
“PRIMITIVISME” is ’n Westerse kunsterm wat verwys na die “leen” van nie-Westerse of prehistoriese mense, bv. Gauguin se gebruik van Tahitiaanse motiewe. Toe Europese kunstenaars die kuns van Afrika, die Polinesiese Eilande, ens. vir die eerste keer tydens die laat 19de eeu en die vroeë 20ste eeu “ontdek” het, is hulle geïnspireer deur die varsheid, uitdrukking en die strak krag wat in hierdie kunswerke vasgevang was. Vandag sal ons eerder die term nie-Westers as “primitief ” gebruik, aangesien dit neerhalend is teenoor die verfyndheid en ontwikkeling van hierdie samelewings; en die term weerspieël die Westerse koloniale idees van hulle meerderwaardigheid teenoor nie-Westerse samelewings.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
“Dit is beter om van geheue af te skilder; dus sal jou werk jou eie wees: jou sensasie, jou intelligensie, en jou siel sal triomfeer oor die oog van ’n