Napoleon Bonaparte (15 Augustus 1769 – 5 Mei 1821) was ’n Franse generaal wat die keiser van Frankryk geword het. Hy was ’n briljante militêre strategis wie se militêre en politieke mag Kontinentale Europa oorgeneem het, maar hy kon nie daarin slaag om Groot Brittanje by sy heerskappy in te sluit nie. Hy is uiteindelik by Waterloo (1815) verslaan en is lewenslank na die eiland van St. Helana verban. Sy kodifisering van wette, die Napoleontiese Kode, vorm steeds die basis van Franse burgerlike regstelsel.
Karl Marx (5 Mei 1818 – 14 Maart 1883) het die sosio-politieke teorie van Marxisme ontwikkel. Hy het die Communist Manifesto en Das Kapital saam met sy vriend, Friederich Engels, geskryf. Sy idees en die ideologie van Marxisme het kort na sy dood begin om ’n groot invloed op sosialistiese bewegings uit te oefen.
Charles Darwin (12 Februarie 1809 – 19 April 1882) het in 1859 die boek Te Origin of the Species gepubliseer. Dit het die idee van evolusie deur natuurlike seleksie aan die mens bekend gestel.
Florence Nightingale (12 Mei 1820 – 13 Augustus 1910) het die grond- slag vir professionele verpleegkunde gelê. Sy het as “The Lady with the Lamp” bekend gestaan na aanleiding van haar gewoonte om snags haar rondtes te doen tydens haar pioenierswerk in verpleegkunde gedurende die Krimoorlog.
Tomas Edison (11 Februarie 1847 – 18 Oktober 1931) was ’n Amerikaanse uitvinder, wetenskaplike en besigheidsman wat baie toestelle ontwikkel het wat ’n groot invloed regoor die wêreld gehad het, insluitend die grammo- foon, die rolprentkamera en die gloeilamp.
Queen Victoria (24 Mei 1819 – 22 Januarie 1901) se heerskappy van 67 jaar in Brittanje het bekend gestaan as die “Viktoriaanse Era”. Dit was ’n tydperk van industriële, kulturele, politieke, wetenskaplike en militêre verandering in die Verenigde Koninkryk, en is gekenmerk deur ’n groot uitbreiding van die Britse Ryk.