121 UMBERTO BOCCIONI, THE CITY RISES, 1910 – 12. OLIE OP DOEK
Die Futuriste wou hê het dat alles in hulle skilderye moes beweeg, daarom het “ ’n galoppende perd nie net vier bene nie, dit het 20”. Hulle het aanvanklik ’n divisionistiese tegniek gebruik wat baie bekend was in Italië, aangesien dit afkomstig was van Impressionisme and Neo-Impressionisme. In Te City Rises was die disintegrasie van vorm ’n logiese manier om beweging uit te druk. Deur lig, kleur en vorm te disintegreer, kan energie uitgebeeld word en kan dit ook die geskilderde oppervlak ophelder. Voorgronde en agtergronde is geïntegreer in hierdie enorme skildery, wat die konstruksie van ’n nywerheidstad uitbeeld. Die energie en krag word gesimboliseer deur groot perde wat teen hulle harnasse beur, wat beheer word deur heldhaftige arbeiders wie se figure die voorgrond domineer. Daar is geen leë ruimte in hierdie werk nie. Die flikkerende beeld laat die kleure vervaag en in mekaar invloei. Vorms is onduidelik waar soliedheid deels in lig en beweging opgelos word.
Die gebruik van Impressionistiese tegnieke van divisionisme was nie baie nuut en futuristies nie. Hulle het daarom inspirasie gesoek in die uitbeelding van opeenvolgende beweging soos gesien in die werk van fotograwe, soos die 19de-eeuse fotograaf, Edward Muybridge.
Dynanism of a dog on a leash In hierdie werk beeld Balla beweging uit deur die wasigheid van die bene in die uitbeelding van ’n modieuse dame wat met haar worshondjie stap (die sportmotor van die hondewêreld). Dit was egter steeds die onderwerp eerder as die styl van hulle werk wat nuut was. Severini, wat vir ’n geruime tyd in Parys gewerk het, het daarop aangedring dat dit belangrik was vir die groep om hulle vertroud te maak met onlangse ontwikkelings, vernaamlik Kubisme. Dus het hulle almal Parys toe gegaan vir ’n eerstehandse ervaring. Terug in Milaan het hulle koorsagtig gewerk en hulle pogings dapper geheroriënteer volgens wat hulle oor Kubisme geleer het. Hulle het Kubisme nie nagemaak nie, maar hulle idees geintegreer en dit saam met divisionalisme gebruik. Terwyl ’n mens ’n gesentraliseerde beeld in Kubisme vind, het die Futuriste vorms regoor die doek uitgesprei om beweging uit te beeld. Hulle het die fragementasie van vorms, liniêre raamwerke en letters en nommers gebruik en alhoewel hulle dit oorgeneem het van Kubisme af, het hulle dit vir ’n ander doel gebruik (spoed, beweging en die uitbeelding van die moderne lewe) en dit verskil van Kubisme.
GIACOMO BALLA, DYNAMISM OF A DOG ON A LEASH (1912)