in sy skilderye is die foute in die foto. Wanneer hy ’n naby foto geneem het, het Close gewoonlik op die oë en die wangbene gefokus, wat beteken het dat die punt van die neus en die areas rondom die ore effens dof sou wees. Hierdie foute is ook deel van die skildery. Close het homself geen interpretatiewe vryheid tydens die skilderproses toegelaat nie.
Die fassinasie met hierdie uiterste vorm van realisme kan toegeskryf word aan mense se belangstelling in trompe l’oeil, d.i. wanneer ons dink die skildery is die werklike voorwerp. Die waarde van hierdie werke is dat die fokus daarop is om na die kopie van iets te kyk in teenstelling om na die ware ding te kyk.
CHUCK CLOSE. LINDA. 1976. AKRIEL EN GRAFIET OP GIPSLINNE
CHUCK CLOSE. ARNE. 1980. STEMPELKUSSING INKSKETS OP PAPIER
CHUCK CLOSE. BIG SELF PORTRAIT. 2001. AKRIEL OP DOEK
6 Neo-Ekspressionisme AGTERGROND: DIE 1980’S – 1990’S
Die tegniese vooruitgang wat plaasgevind het tydens hierdie dekade is aanhoudend belemmer deur omstandighede wat almal op aarde beïnvloed het. ’n Hoeveelheid resessies, die brandstofkrisis, ekologiese aangeleenthede, kernwapens en ’n toenemende verdeling tussen die armes en die rykes het die manier waarop mense dink, beïnvloed. ’n Kultuur het ontstaan wat die hede as onbeheerbaar en die toekoms as ondenkbaar beskou en die verlede agtergelaat het, en dit het gelei tot ’n gees van nostalgie. Dit was die begin van die Post- Modernistiese era in kuns, literatuur en filosofie, wat beskou kan word as ’n reaksie op Modernisme. Daar is geglo dat die mens kontak met homself, sy spiritualiteit, geskiedenis en tradisies verloor het en dat hy aangedryf word deur ’n aanhoudende soeke na die nuwe.
VISUELE KUNSTE GRAAD 11
Die 1980’s was die dekade van New Wave, Thatcher en Reagan, die begin van VIGS en die dekade wat tot ’n einde gekom het met die val van kommunisme in Oos-Europa. Neo-Ekspressionisme het in die vroeë 1980’s op die kunstoneel verskyn met belangrike uistallings soos Zeitgeist, (“’n Nuwe gees in skilder”) en die Kassel Dokumenta van 1982. Skilderwerk het vanuit die 1970’s toe dit as dood en vervelig beskou is, te voorskyn getree, en is weer beskou as die dominante kunsvorm. Neo-Ekspressionisme vorm deel van die groter Post-Modernistiese kultuur. Die Neo-Ekspressionistiese probleem om betekenis te vind deur kontak met die self, die geskiedenis en tradisie word deur hulle aangepak. Die aanvaarding van verskillende uitgangspunte is ’n integrale deel van die erkenning dat ons in ’n pluralistiese samelewing woon waarin daar geen bindingsfaktore is nie. Neo-Ekspressionisme ontken en aanvaar dat verskillende style dieselfde waarde het.