H Harmonie: aantreklike kombinasie van elemente waaruit die fi nale komposisie bestaan. Helderheid: Om lig af te gee; kan ware lig of ’n illusie wees.
Herhaling: Die posisionering van dieselfde vorm, voorwerp, element of patroon oor en bo-op dieselfde oppervlak of in dieselfde spasie. Herwin: Om afval te verander in herbruikbare materiaal.
Herwinde: Enige deel van ’n voorwerp wat weer gebruik kan word vir ’n soortgelyke of verskillende doel.
Hoë Tegnologie: argitektuur wat na die Tweede Wêreldoorlog tegnologie opgehemel het en klem plaas op ingewikkelde detail, bv. Pompidou-sentrum. Hulle het ‘hoë tegnologie’ boumateriale ge- bruik.
Holocaust: Van die griekse betekenis ‘heel’ en ‘gebrand’. Hierdie gebeurtenis het ’n ander naam ‘sho- ah’ wat Joods is vir ‘katastrofie’. Hierdie woord verwys na die sistematiese volksmoord van ongeveer 6 miljoen Europese Jode gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland, gelei deur Hitler.
Hoogtepunt : ’n Punt of deel wat beklemtoon word deur helderheid van kleur, waarde of lig, wat direk reflekteer word.
Horisonlyn: Verste punt wat ons in die agtergrond kan sien; sal ook die die verdwyningspunt op die horison wees; waar die lug en die grond by mekaar aansluit.
Horisontale lyne: lyne wat van kant tot kant beweeg.
Humanisme: Die beklemtoning van wat dit beteken om ’n mens te wees – ’n beklemtoning van die mens se geestelike en intellektuele vermoëns.
Humanistiese argitektuur: Post-modernistiese argitektuur streef daarna om die mens te dien, bv. die skaal van ’n vertrek neem die skaal van ’n mens in ag. Ook menslike verbintenisse soos die kaggel as die ‘hart’ van ’n vertrek.
I
Illusie: Om te oortuig dat dit wat geskilder is as realiteit aanvaar word / illusionis bv. skep op ’n plat oppervlakte (die skildery) ’n idee van diep ruimte. Impasto: Dik aangewende verf, egalig deur getekstuurde kwashale.
Impressionisme: Kunsbeweging van die laat 19de eeu waarin kunstenaars probeer om wat die oog sien vas te vang, naamlik ’n vlugtige oomblik. Die oppervlakte word verbreek deur kwashale en die vaslegging van lig is baie belangrik, bv. Manet, Monet, Degas, renoir en ander.
Inheemse: Plaaslik, spesifiek tot ’n era, area, kultuur of land. Inhoud: Onderwerp en betekenis van die kunswerk.