Hierdie stuk is in opdrag gemaak vir die nuwe museum-ingang, maar dit is nooit voltooi nie. Die ontwerp het Dante se Inferno voorgestel.
REGS: THE THINKER, 1880 – 1881. BRONS
Rodin het hierdie figuur van die Gates of Hell vergroot en dit verander in ’n tydlose uitbeelding van denke en konsentrasie.
Die beeld, “Te Burghers of Calais:” Rodin het ’n kompetisie gewen om hierdie Middeleeuse helde te kon uitbeeld; hulle het hul lewens opgeoffer om hulle medemens te red. Rodin het op die rou emosie in die uitdrukkings van die mans gekonsentreer – hulle het geweet hulle gaan tereggestel word. Wanhoop, vrees, hartseer en woede word realisties uitgebeeld op die gesigte en in die oë van die mans. Rodin het ’n voetstuk van die basis van die standbeeld verwyder. Dit het die kyker in staat gestel om oog-tot- oog na die beelde te kon kyk.