“Die belangriste aspek van Dada is dat die Dadaïste alles verag het wat oor die al- gemeen as kuns beskou word. Ons verklaar dat alles wat tot stand kom of wat deur die mens gemaak is kuns is.” - Arp
WIE WAS HANS ARP?
Jean Arp/Hans Arp (16 September 1886 – 7 Junie 1966) was ’n Duits-Franse beeldhouer, skilder, digter en abstrakte kunstenaar wat media gebruik soos geskeurde en geplakte papier het. Dada was nie slegs negatief omdat opsetlike irrasionaliteit die kreatiewe siel bevry het en ’n nuwe manier bekendgestel het om kuns te skep, naamlik die gebruik van toeval. Hans Arp was een van die eerste kunstenaars om dié metode van toeval te gebruik. Arp het ’n tekening waarmee hy ongelukkig was, opgeskeur en die stukke op die vloer gegooi. Hy het ontdek dat die toevallige patroon waarin hulle geval het, ekspressief was en het hulle geplak in die posisies waarin hulle geval het in die patroon wat hulle gevorm het. Hierdie metode het gelei tot ’n werk soos Collage with Squares Arranged According to the Laws of Chance in 1916. Deur toeval te gebruik, het die kunstenaars irrasioneel te werk gegaan. Dit is ’n manier waarop die individu hom kon uitdruk in wêreld wat toenemend georganiseerd raak. Die gebruik van toeval lei tot spontaneïteit. Die spontane oomblik is beskou as suiwer waarheid omdat dit vry was van doktrinasie en geskiedenis.
WIE WAS SCHWITTERS?
Kurt Schwitters (20 Junie 1887 – 8 Januarie 1948) was ’n Duitse kunstenaar wat in Hanover, Duitsland, gebore is. Hy het in verskillende soorte media gewerk, soos sy collages wat Merz -prente en -intallasies was wat Merzbau genoem is.
HANS ARP, COLLAGE WITH SQUARES ARRANGED ACCORDING TO THE LAWS OF CHANCE, 1916.
“Alles wat die kunstenaar
spoeg, is kuns!” - Schwitters
Kurt Schwitters het gewys dat kunswerke deur die gebruik van rommel geskep kon word. Hy het sy werke Merz genoem (na aanleiding van ’n briefhoof van KomMERZbank). Hy het hierdie afvalprodukte, bv. weggegooide
verpakking,
tremkaartjies en ander afval, gebruik om collages te skep. Daar is ooreenkomste met Duchamp, maar Schwitters het nie saamgestem met die anti- kunsneigings van Dada nie en het die formele elemente soos kleur, vorm, ens., gebruik om sy kunswerke te skep. Hy het gewys dat alles gebruik kan word om kuns te skep.
KURT SCHWITTERS, MERZ PICTURE 29A, PICTURE WITH FLYWHEEL, 1920.