Die mees opspraakwekkende van sy “ready-mades” was die urinaal wat hy Fountain genoem het en as R. Mutt onderteken het. Die Vereninging van Onafhanklike Kunstenaars het in 1917 ’n uitstalling gehou waartydens enige kunstenaar wat $6 betaal het, werk kon indien. Daar was nie ’n jurie nie en teoreties was daar nie ’n beperking op wat ingedien kon word nie. Die komitee het op morele gronde beswaar gemaak teen die Fountain, wat Duchamp verwerp het deur te verklaar dat dit ’n absurde opvatting was aangesien sulke voorwerpe elke dag in loodgieters se vensters gesien kon word. Hierdie uitdagende gebaar is ’n weerspieëling van Dada. Duchamp het ’n afdruk van die Mona Lisa (die “ikoon” van die Renaissance) met disrespek behandel deur haar met ’n bokbaardjie en ’n snor uit te beeld; en hy het die letters L.H.O.O.Q. bygevoeg. As hierdie letters vinnig gelees word in Frans, is hulle die fonetiese ekwivalent van die sin “sy het mooi boude,” wat verwys na Leonardo se homoseksualiteit.
MARCEL DUCHAMP, L.H.O.O.Q., 1919. POTLOOD OP ’N REPRODUKSIE VAN DIE MONA LISA
Een van Duchamp se grootste werke was ’n yslike skildery op glas, wat hy Te Bride Stripped Bare by Her Bachelors, Even, genoem het. Hierdie werk het uit ’n groot stuk glas bestaan waarop hy gewerk het met olieverf, foelie, looddraad, stof en vernis. Die byoeging van stof en die oksidasie wat deur roes veroorsaak is, is deur Duchamp beskou as to- eval op sy werk. Dit was ’n uiters komplekse werk wat jare geneem het om te voltooi. Duchamp het dit finaal as voltooi verklaar toe die glas per onge- luk gekraak is tydens die vervoer van die kunswerk in 1926.
In 1923 het Duchamp, in ’n uiterste gebaar van Dadaïsme, kuns heeltemal gelos en sy lewe gewy daaraan om skaak te speel, hoewel hy tot en met sy dood aan verskeie projekte gewerk het.
MARCEL DUCHAMP, THE LARGE GLASS, 1915 – 23. GLAS, LOOD FOELIE, ELEKTRIESE DRAAD EN STOF.