Die 19de eeu was ’n tydperk van uitvinding en ontdekking in baie velde en het die grondslag vir die tegnologiese vordering van die 20ste eeu gelê.
• Tydens die 19de eeu het die Britse Ryk, die Duitse Ryk, die Verenigde State en die Ryk van Japan tot stand gekom, wat gelei het tot baie militêre konflikte, maar ook tot vordering in wetenskap en ontdekkings.
• Die Britse Ryk het die wêreld se vernaamste mag tydens die 19de eeu geword en het ’n kwart van die wêreld se bevolking beheer.
• Tydens die 19de eeu het ongeveer 70 miljoen mense Europa verlaat om hulle hoofsaaklik in die Amerikas, Australië en Afrika te vestig.
• Slawerny is afgeskaf. • Die Industriële Revolusie het in Europa begin en sou lei tot die vervanging van handearbeid deur masjiengebaseerde vervaardiging.
• Die bekendstelling van spoorweë en treine het die vervoerstelsel en die manier waarop mense goedere bekom het vir altyd verander.
• Die Industriële Revolusie het tot verstedeliking gelei, met mense wat
landelike plaasgemeen-
skappe verlaat het om in die fabrieke te werk. Dit het geweldige sosiale probleme veroorsaak weens die stigting van krotgebiede.
• Europese magte het groot dele van die wêreld, soos Afrika, in hulle soeke na rou grondstowwe en markte gekoloniseer.
• Baie wetenskaplike ontdekkings is gedurende die 19de eeu gemaak, soos die eerste inenting teen hondsdolheid, die eerste periodiese tabel vir elemente, ens. Die term “wetenskaplike” is in 1833 geskep.
• Baie soorte sport soos sokker en rugby is ontwikkel en is gekodifiseer. Die Britse Ryk het die vinnige verspreiding van sportsoort soos krieket in baie dele van die wêreld gefasiliteer.
JOSEPH MALLORD WILLIAM TURNER, RAIN, STEAM AND SPEED – THE GREAT WESTERN RAILWAY, 1844. OLIE OP DOEK. TURNER HET OPGERUIMD GEVOEL OOR DIE NUWE SENSASIE VAN SPOED WAT DEUR SPOORWEË VERSKAF IS. TYDENS ’N STORM HET HY SY KOP BY ’N TREINWA- VENSTER UITGESTEEK OM DIE KRAG VAN DIE ELEMENTE TEN VOLLE TE ERVAAR.