Fred Page het vir die grootste deel van sy lewe in Port Elizabeth gewoon en gewerk, in ’n gebied naby die hawe wat Central genoem is. Nadat sy ma oorlede is toe hy klein was, is hy van een pleegsorghuis na die volgende een gestuur. As ’n volwassene het hy in losieshuise gewoon en geskilder. Hierdie kluisenaar en eksentrieke kunstenaar het sy inspirasie gevind in die geïndustrialiseerde stadslandskap waarin hy gewoon het. Sy ondervindinge van die lewe aan die buitewyke van die samelewing word verteenwoordig in die grys vaalheid van die windverwaaide stadstrate wat in sy skilderye uitgebeeld word. Hoewel Page se werk die ondervinding van stadslewe as grys en eensaam met leë ruimtes uitdruk, is daar verwysings na tipes mense, ongewone interaksies en titels wat humoristies en wispelturig is.
In sy skildery Te Last 365 Days vul ’n afgeleë grys landskap van heuwels die sentrale ruimte van die komposisie. Aan albei kante van die heuwelagtige landskap steek die kante van twee geboue in die verlate landskap uit. Binne die gebou aan die linkerkant van die komposisie is daar vyf kaalkopmans wat in wit pakke aangetrek is met gryserige sonbrille wat hulle oë bedek; en hulle staan rond binne in die raam van die groot venster. Dit kom voor of hulle dieselfde doel het, wat nie vir die kyker duidelik is nie. In die deur van die gebou aan die ander kant van die komposisie, is ’n bebaarde figuur wat aangetrek is in ’n wit hemp en grys broek en wat afwagtend met ’n stok in sy hand
FRED PAGE. THE LAST 365 DAYS. 1970. POLIMEER OP BORD.
staan. Die twee geboue is amper soos teenstellende pole wat verbind word deur klein, vereenvoudigde heuwels of duine en ’n ry dooie struike wat eweredig gespasieer is en wat verklein word tot droë stokke. ’n Wit vorm wat soos ’n vergrote masker
of vlieër lyk, hang FRED PAGE. FLASH. 1963. PEN EN INK.
onheilspellend agter die heuwels in die agtergrond en domineer die landskap in die agtergrond. Naby die sentrale deel, net onder die maskeragtige vorm, is daar ’n eensame figuur wat aangetrek is in ’n grys jas,
FRED PAGE. WHAT HAPPENED TO AUNT GERTY? 1980. OLIE.
wit serp en ’n grys hoed wat ’n stootwaentjie deur die verlate koue landskap stoot. Volgens die titel is ’n jaar verby, maar dis onduidelik wat gebeur het. Die toneel is een van verwagting en die toekoms van hierdie plek is onseker. ’n Donker grysheid het alles oorgeneem en die leë, grys lug bied nie enige belofte van verligting teen die naderende onheil soos die titel voorstel nie. Soos in sy ander werke, is dit die ruimtes tussen sy ongewone keuse van figure, geboue en voorwerpe wat ’n teatrale atmosfeer skep wat ’n vorm van ’n ramp of die resultaat van ’n ramp wat reeds plaasgevind het, voorstel. Hy verskaf nie baie leidrade nie en daarom begin die kyker se verbeelding die leë ruimtes invul deur ’n storie daaroor op te maak, gebaseer op die min leidrade wat in die skildery gegee word. Ander kunstenaars en tendense het Page nie beïnvloed nie en daarom het hy ’n surrealistiese wêreld geskep uit sy verpersoonlike ondervindings van die lewe op straat. Sy werke is nie net ’n bewys van die diep, grys vaalheid wat in die stad aangetref word nie, maar bevat ook ’n sin van die belaglike wat oorgedra word deur die interaksie tussen mense en die titels van sy werke.