Sy laaste werk, Crows in a Wheatfield, wat hy in 1890 geskilder het, het sy versteurde gemoedstoestand weerspieël. Die pad lei nêrens heen nie en die kraaie in die lug vlieg na die kyker toe. Gedurende ’n loopbaan van 11 jaar het Van Gogh 800 skilderye geskep. Hy het dag en nag gewerk en het soms selfs kerse op sy hoed gesit om snags buite te kon werk.
Invloede • Die sosiale kommentaar en empatie met die armes wat hy in die werk van Daumier en Millet gesien het.
• Delacroix se gebruik van komplementêre kleure langs mekaar.
• Die eenvoud, helder kleure en duidelike buitelyne van Japannese afdrukke.
• Die helder kleure en informele tegnieke van Impressionisme.
• Sy eie persoonlikheid en die menslikheid daarvan; en die behoefte om homself uit te druk.
Vincent van Gogh se briewe
Vincent van Gogh se gedagtes en idees oor skilderkuns is hoofsaaklik bekend weens die briewe wat hy aan sy jonger broer Theo, die kunshandelaar, geskryf het. Theo het Vincent finansieel en emosioneel ondersteun. Hulle lewenslange vriendskap is opgeneem in die honderde briewe wat hulle uitgeruil het tussen 1872 and 1890: meer as 600 van Vincent aan Theo en 40 van Theo aan Vincent.
Uittreksels uit sy briewe sluit die volgende in:
Die mooiste prente is dié waaroor ’n mens droom terwyl ’n mens lê en pyp rook in die bed, maar wat ’n
mens nooit sal skilder nie. Vinnige werk beteken nie minder ernstige werk nie, dit hang af van jou selfvertroue en ondervinding.
Ek kan dit nie verhelp dat my skilderye nie verkoop nie. Die tyd sal kom wanneer mense sal sien dat my skilderye meer werd is as die prys van verf.