Romantisisme sluit ’n wye reeks onderwerpe in wat uit die volgende bestaan: • Die uitdrukking
van EMOSIONELE DRAMA wat op ’n oomblik van toepassing is.
• Dikwels “EKSOTIESE” temas van ander lande wat met aksie gevul is, bv. Oriëntalisme.
• ’n Verwantskap met die NATUUR en dié se wilde, onvoorspelbare en geheimsinnige aspekte.
• PORTRETTE het maniere geword waarop sielkundige en emosionele toestande uitgedruk kon word. Portretskilderkuns was tradisioneel “aantekeninge” van individuele ewebeelde. In die hande van Romantieke skilders is portrette gebruik om ’n reeks sielkundige en emosionele toestande uit te beeld. Gericault het die uiterstes van geestesiektes in portrette van sy psigiatriese pasiente ondersoek. Hy het ook die donker kant van sy kinderdae gepeil in sy onkonvensionele uitbeelding van kinders.
• LETTERKUNDE, soos die boeke van Sir Walter Scott, die gedigte van Lord Byron, en die drama van Shakespeare, het kuns na ander wêrelde en eras “geneem”.
• Individuele kreatiwiteit was belangrik in die Romantieke se onderwerpe omdat dit passie en innerlike konflik uitgebeeld het, asook die verbeelding om ontsag en passie uit te lok.
• KOMPOSISIES: Komposisie is dikwels gebaseer op dramatiese diagonale lyne gevul met drama en beweging, d.i. dramatiese komposisie.
• VORME: Oop vorms, met die klem op kleur en kwashale is gebruik in reaksie op die sterk buitelyne van Neo-Klassisme.
• AANWENDING: Die kunstenaar is
emosioneel betrokke by sy werk. ’n Baie skilderagtige styl is ontwikkel wat gevul was met kwashale en vry vorms in reaksie tot die formalisme van Neo-Klassisme.
• KLEUR: Ryk kleure is gebruik.
Romantisisme kan beskryf word as ’n emosionele en dramatiese styl met die klem op die individu, selfuitdrukking, spontaneïteit en gevoelens.
THEODORE GERICAULT, WOMAN SUFFERING FROM OBSESSIVE ENVY, 1822. OLIE OP DOEK
EUGÈNE DELACROIX, DEATH OF SARDANAPALUS, 1826. OLIE OP DOEK
WOORDELYS
SUBJEKTIEF is nie objektief nie, maar is gebaseer op iemand se opinies of gevoelens, eerder as feite of bewyse. Persoonlike uitgangspunt.