Voordat hy hierdie werk geskep het, het Baldessari landskap- en abstrakte skilderye as ’n kunstenaar gemaak. Hy het ontnugter geraak met skilder as ’n tegniek. In 1970 het hy besluit om al die skilderye wat hy tussen 1953 en 1966 gemaak het, te verbrand. Hy het die as in doodskiste gesit en ’n kennis- gewing in die koerant geplaas wat sy daad gedokumenteer het. Dit is The Cremation Project genoem.
Sy ontwikkelende belangstelling in Konseptuele Kuns en manier van dink word uitgebeeld deur sy vroeë Konseptuele kunswerke. Die Nova Scotia College of Art and Design in Kanada het hom opdrag gegee om hierdie oorspronklike werk op die kollege se terrein te skep. Aangesien daar nie genoeg be- fondsing vir die reis was nie, het hy voorgestel dat die studente die werk vir hom skep. Hy het instruk- sies en ’n handgeskrewe bladsy met die sin I Will Not Make Any More Boring Art daarop gestuur. Vrywilligers moes “I will not make any more boring art”, ’n frase uit een van sy ou notaboeke, op die mure van die galery skryf; die studente het ’n stap verder gegaan deur die reël herhaaldelik neer te skryf, daardeur het hulle die mure heeltemal bedek. Baldessari se oorspronklike voorstel was om die werk ’n “punishment piece” te noem, maar hy het besluit dat die werk die studente nie moet laat voel of hulle aangespreek word nie en dat dit eerder ’n instruksionele oefening moet wees. Uiteindelik het Baldessari sy eie weergawe van die werk op video opgeneem waar hy pligsgetrou die sin herhaaldelik in ’n notaboek geskryf het vir die duur van die band.
Die idee om hierdie sin oor en oor te skryf, is in teenstellling met die instruksie om nie vervelige kuns te skep nie. Dit is ’n parodie oor skoolstraf asook kommentaar op die onderwysmetode om ou meesterstukke na te maak om van hulle styl en tegniek te leer. Die werk spreek kwessies oor kuns, taal, speletjies en die kunswêreld aan.
Vrae: • Verduidelik die werk volgens wat jy in die foto sien. • Verduidelik wat jy dink die betekenis van die sin is. • Beïnvloed die feit dat dit handgeskrewe is jou interpretasie daarvan? • Het die herhaling van die sin ’n effek op die betekenis van die stelling? • Hoe daag hierdie kunswerk kuns konvensies uit? • Aangesien Baldessari slegs instruksies gegee het vir die skep van die werk, kan hy steeds beskou word as die kunstenaar van hierdie kunswerk? Verduidelik jou antwoord.
• Wat dink jy was Baldessari se begrip van vervelige kuns? • Verskil dit van jou idee van vervelige kuns? Verduidelik jou antwoord.
WOORDELYS OUTEURSKAP is die feit of posisie om teks te geskryf het of om ’n werk van kuns te geskep het. KOMMODIFIKASIE is die toeken van kommersiële waarde aan iets wat voorheen waardeloos was. DEMATERIALISASIE is om te verdwyn of om onbelangrik te word.
PARADOKS is ’n stelling of voorstel wat, ten spyte van redelike redenering, vanaf ’n aanvaarbare standpunt, lei tot ’n gevolgtrekking wat sinneloos, logies onaanvaarbaar of weersprekend is.