Robert Rauschenberg (1925 – 2008) is een van die meesters van post-1945-kuns. Sy werk word dikwels Neo-Dada genoem en hy het Pop-kuns deur sy alledaagse beelde beïnvloed, maar sy abstrakte, ekspressionistiese kwaswerk het hom van hulle onderskei. Rauschenberg is die bekendste vir sy Combines (sy term vir saamgestelde beelde, gekombineer met skilder en alledaagse voorwerpe) en sy-skermskilderye (fotoskerm gedrukte beelde wat bedek is met vrylik geskilderde areas). Hy was ’n prominente verteller van Amerikaanse kultuur in die tweede helfte van die 20ste eeu deur middel van sy ge- bruik van beelde en voorwerpe.
“Die verlede en die toekoms interesseer my nie. Ek is in die
hede.” – Robert
Rauschenberg
ROBERT RAUSCHENBERG, CANYON, 1959. OLIE, HUISVERF, POTLOOD, PAPIER, MATERIAAL, KNOPE, SPYKERS, KARTON, GEDRUKTE PAPIER, FOTO’S, HOUT, VERFBUISIES, SPIEËLTOU, KUSSING EN ’N AMERIKAANSE ADELAAR (BALD EAGLE) OP DOEK
Tema: TYDKAPSULE
Wat sou jy in ’n tydkapsule plaas om mense van jou huidige lewe te vertel? Neem ’n kartonboks en maak dit vol koerantknipsels en -opskrifte, tydskrifknipsels, kaartjiestrokies, memento’s van skoolaktiwiteite, sosiale geleenthede, ens. Plaas sommige voorwerpe in die boks, bv. ’n hamburgerhouer, die doppie van ’n koeldrankbottel, ens. Maak tekeninge of neem ’n foto van die items wat jy wil insluit maar nie in die boks wil plaas nie, bv. jou rekenaar of selfoon. Probeer om soveel aspekte van JOU lewe as moontlik aan te bied – van dinge waaroor jy bekommerd is in die wêreld en in JOU land tot meer persoonlike voorwerpe.