• Aanwending: Die algemene voorkoms van hulle werk sluit groot gebare in en is ener- giek, met die klem op die maak van merke. Dit is veral die Duitse Neo-Ekspression- iste wie se skilderwerk beskryf is as wild, gewelddadig met die emosionele aanwen- ding van swaar verf.
• Kleur: Die kleure wat deur die Neo-Ek- spressioniste gebruik is, is met opset geskep in stryd met die idee van goeie smaak. Hulle sterk en kontrasterende kleure wat arbitrêr voorkom, word gebruik om gevoelens uit te druk asook gemoedstemmings wat gewel- dadig, eroties of selfs afbrekend is.
MIMMO PALLADINO. UNTITLED. 1995. GEMENGDE MEDIA
A.R. PENCK. POLISH RIDER. 1983. OLIE OP DOEK
RAINER FETTING. PSYCHEDELIC EAST I. 1990. OLIE OP DOEK
WIE IS KIEFER?
• Media: Tradisionele media, soos olie of akrielverf op doek, is oorheersend, maar daar was kunstenaars wat met media eks- perimenteer het, soos Schnabel en Kiefer. Schnabel het sy doek met gebreekte borde bedek en het dan daarop geskilder omdat hy gevoel het dat hy nie sy verf dik genoeg kon maak nie. Kiefer het ’n verskeidenheid voorwerpe gebruik om getekstureerde op- pervlakke te skep waarop geskilder kon word, soos sand, strooi, lood en glas.
Anselm Kiefer (8 Maart 1945 - ) Kiefer is gebore aan die oostelike oewer van die Ryn in die omgewing van die Swart Woud en het daar grootgeword. Nadat hy regte in Freiburg studeer het, het hy informeel in die 1970’s onder leiding van die Konseptuele kunstenaar Joseph Beuys gestudeer. Kiefer is die algemeenste bekend vir sy yslike skilderye omkors met lood, glas, gedroogde blomme of plante en impastoverf; en sy oorgroot boeke wat uit plate ood gemaak is. Meeste van sy werke verwys na onderwerpe wat draai om persoonlike identiteit, Duitsland en dié land se kulturele oorspronge. Sy apokaliptiese landskappe herroep antieke mites wat deur die Derde Ryk aangewys is as ikone wat toe deur mense wat die foute van Nazi-Duitsland wou vergeet as taboe verklaar is.
“Rommel is die toekoms. Omdat alles wat is, verbygaan. Daar is ’n wonderlike hoofstuk in Isak wat sê dat gras oor julle stede sal groei. Hierdie sin het my nog altyd gefassineer, selfs as ’n kind. Dit is poësie, die feit dat hy albei dinge op dieselfde tyd kon sien. Isak sien die stad en die verskillende lae oor dit, die gras en dan nog ’n stad, die gras en dan weer ’n stad.” – Anselm Kiefer 2005