Voltooi in jou VKS-werkboek. Voer ’n onderhoud met ’n kunstenaar
Jy kan meer uitvind oor die rol en praktyk om ’n kunstenaar deur met een te gesels. gebruik die volgende punte as riglyne wanneer jy ’n afspraak met ’n kunstenaar maak:
• identifiseer ’n kunstenaar wat in jou gemeenskap woon en werk. • reël ’n onderhoud met hom / haar deur ’n afspraak te maak om hom / haar te sien of ’n telefoononderhoud te doen of oor die internet ’n onderhoud te voer. gebruik die volgende riglyne wanneer jy die kunstenaar kontak: - stel jouself bekend deur jou naam en die naam van die skool te verskaf. - Verduidelik hoe jy sy / haar naam en kontakinligting opgespoor het. - stel vas of dit ’n geskikte tyd is om met die kunstenaar te gesels. - Verduidelik dat jy besig is met ’n navorsingsprojek vir Visuele Kultuurstudies wat ’n onderhoud met ’n kunstenaar vereis.
- Vra hom / haar of hy / sy bereid is om ’n onderhoud toe te staan. - lig die kunstenaar in oor die lengte van die onderhoud en wat jy in die onderhoud wil bespreek.
- indien dit moontlik is, vind uit of jy ’n onderhoud met die kunstenaar in sy / haar ateljee kan voer. indien dit nie geskik is nie, reël ’n plek waar jy die onderhoud kan voer.
- Bevestig of die kunstenaar bereid sal wees om deel te neem. - Vertel hom / haar dat jy ’n kort vraelys en ander inligting voor die onderhoud sal stuur.
Die volgende vrae is biografies, daarom word voorgestel dat jy dit lank voor die onderhoud doen sodat jy dit kan gebruik as ’n basis om jou onderhoud op voort te bou.
• Waar is u gebore? • Waar het u grootgeword? • Waar het u skool gegaan? • Het u kunsklasse op skool geneem? • Hoe lank het u kuns studeer? • Watter ander werke het u al gedoen? • Waar werk u nou? • Watter soort werk doen u?
Doen navorsing oor die kunstenaar se lewe en kunswerke. uit hierdie inligting, kan jy meer vrae opstel wat jou sal inlig oor die kunstenaar se rol in die kunswêreld en hoe sy / haar werk in die kunswêreld funksioneer. gebruik die volgende vrae as riglyne in jou eie vrae:
• aan watter stelsels / groepe in die kunswêreld is u verbonde? Byvoorbeeld, skole / instellings, gemeenskappe / kulture, groepe – formeel / informeel, professionele verenigings, ad hoc-versamelings.